Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Valse Werklikheid

Category: Verhoudings

Date: 2014-04-28

Likes: 215

Emosionele mishandeling prent false werklikheid in jou kop en verhoed jou om te kan sien wie en wat jy as persoon deur God

Verhoudings  


Emosionele mishandeling prent 'n false werklikheid in jou kop en verhoed jou om te kan sien wie en wat jy as persoon deur God geskape was om te wees.

Jy was geskape tot emosionele Vryheid, innerlike vrede en ‘n sterk selfbeeld. Emosionele mishandeling ondermyn God se plan vir jou lewe, jy is beroof van jou vrede en vreugde. Maar God kan weer opbou wat ander afgebreek het. Dit begin by die aanvaarding van die waarheid dat jy mishandel word – die skade wat dit gedoen het en die rol wat dit steeds in jou lewe en toekoms sal speel.

Ons het geleer om emosionele mishandeling te aanvaar en ignoreer

Omtrent almal kan assosieer met die begrip van emosionele mishandeling, maar dit is deel van die problem want dit is so algemeen. Dit het so deel geword van ons persoonlike omgewing, dat dit nie meer die nodige aandag en begrip kry nie. Sarkasme, negatiewe boodskappe en disrespek in verhoudinge was maar altyd deel van jou verhouding en jy glo jy het geleer om daarmee saam te leef, om dit van jou af te skud en jou nie daaraan te steur nie. Alle “bewyse” wat jy kon vind, het bevestig dat jou situasie normaal is. Dit laat ons voel ons in nie so sleg af nie en ons is darem nog bymekaar.

Ons het geleer om emosionele mishandeling te ontken

Sentraal tot die slagoffer se vermoë om emosionele mishandeling te ontken, is die ontkenning van die werklike aard en impak daarvan. Daar is meestal twee negatiewe, afbrekende boodskappe aan 'n maat of kinders, wat hulle emosionele mishandeling gelate laat aanvaar:

1. Wie ook al in gesagsposisie teenoor jou is (ouers, man of baas), mag met jou praat soos hy/sy wil, maak nie saak hoe afbrekend dit oorkom nie. Dit is nie slegs die outoriteitsfiguur se reg nie, maar dit is ook tot jou voordeel.

2. Fisiese mishandeling mag jou bene breek, maar woorde sal jou nooit seermaak nie.

Hierdie boodskappe word gegee deur magbehepte individue in ‘n poging om die mindere aan hulle te onderwerp. Gevolglik ontken kinders en lewensmaats die realiteit van emosionele mishandeling.

Ons het geleer om emosionele mishandeling te aanvaar

In ‘n fisiek veeleisende wêreld, word emosies geag as swakheid, dit is vir vroue en klein kinders. Emosies was iets wat jy veronderstel was om te ontgroei en deel van die opvoedingsproses was om kinders te leer om hul emosies te onderdruk.

Ons het geleer om die wêreld eenvoudig te aanvaar soos dit op ons afkom, om verhoudinge eenvoudig te aanvaar soos ons dit kry. Ons sien dieselfde met ander gebeur en aanvaar dat dit maar deel is van die lewe.

Ons het geleer om die ongesonde patroon te herhaal

Soos ander vorme van mishandeling, kan emosionele mishandeling ook voortgesit word. Jy aanvaar die mishandeling, ontken die impak daarvan en herhaal die siklus in jou huidige verhoudinge.

Die volgende is tekens van emosionele mishandeling – vergelyk dit met jou eie ondervindings in jou huidige verhouding:

* Dit laat jou waardeloos voel
* Die blaam vir ander se foute word op jou geplaas
* Verkleineer van jou standpunte, mening, opinie
* Dreigemente oor fisieke mishandeling
* Woede-aanvalle
* Kom nie beloftes of voornemens na nie
* Vertel leuns om verantwoordelikheid vir die waarheid te ontduik
* Weier om om die ander persoon se gevoelens te erken
* Verneder die ander persoon fisies of verbaal, deur onbehoorlike gebare, opmerkings of optrede
* Gebruik skaamte of skuld om die gedrag van die ander persoon te manipuleer
* Laat nie die ander persoon toe om sy/haar gevoelens uit te spreek nie
* Ontneem die persoon toegang tot sy/haar familie, vriende of persoonlike eiendom
* Weerhou finansiële hulpbronne of selfs voedsel
* Weier om te kommunikeer met die persoon – stilstuipe
* Wipplank uiterstes in gemoedstemminge
* Maak voorwaardelike ooreenkomste waarvan die criteria gedurig verander in ‘n poging om die verantwoordelikheid van die ooreenkoms te ontduik.
* ‘n Vyandige of sarkastiese stemtoon teenoor die ander persoon
* Kritiek teenoor elke aksie, gedagte of opmerking van die ander persoon
* Sien ander as deel van sy/haar eie persoonlikheid, i.p.v. as individue met hul eie gedagtes, gevoelens en opinies
* Verkleinering, vernedering, uitskuif/opskuif of ignorering van die ander persoon



Verhoudings Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste