Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Giftige Versus Normale Verhouding

Category: Verhoudings

Date: 2014-04-28

Likes: 100

Vanuit objektiewe oogpunt gesien is dit nie regtig moontlik om giftige verhouding te herken op gebeurtenis bas

Verhoudings  


Vanuit 'n objektiewe oogpunt gesien is dit nie regtig moontlik om 'n giftige verhouding te herken op 'n gebeurtenis basis nie aangesien baie van die identifiserende eienskappe ook in normale en selfs goeie verhoudings aanwesig is.

Niemand is perfek nie en almal van ons het soms ook maar ons af dae waarin negatiewe aspekte van ons karakter, persoonlikheid en omstandighede meer pertinent na vore kom.

Daar is goed en sleg in alles en, soos elders verduidelik was in "liefde versus liefde", kan selfs liefde sleg wees en is dit dan trouens ook 'n groot onderskeidende faktor.

Die "TE" faktor

Geld is 'n goeie ding, tensy die TE faktor inkom en mens steel en bedrieg en geldgierig word.
Liefde is 'n goeie ding, tensy die TE faktor inkom en mens selfs moor in die naam van "liefde" omdat dit oor die EIE EK gaan ipv die ander persoon. Sport en vriende en stokperdtjies en werk en baie ander dinge is goeie dinge, tensy die TE faktor inkom en dit enigiets anders oorheers.

Swaarkry is 'n goeie ding want dit bou en slyp 'n mens, tensy die TE faktor inkom. Eie liefde is 'n goeie ding tensy die TE faktor inkom

Met feitlik enigiets sal mens wel kan sien dat daar goed en sleg in is en selfs al word 'n dogtertjie vermoor, is daar tog iets "goeds" in indien dit tientalle en selfs honderde ander soortgelyke gevalle kan voorkom. 'n Losprys van R32 miljoen rand betaal om iemand se lewe te red is 'n goeie ding maar is dit regtig so "goed" as daardie geld aangewend word om hondrede en selfs duisende mense op te blaas of te vermink?

Die breër prentjie

Wanneer 'n mens self binne in 'n situasie is of jou aandag vasgevang is deur huidige gebeure van die oomblik is dit nie so maklik om objektief en in breë geheel daarna te kyk nie en dit kom eers as jy terugstaan en na ALLES in geheel begin kyk.

Om na geld, liefde, sport, vriende, swaarkry, verhouding en so aan te kyk en te besluit of dit reg is en nog binne die perke van "normaliteit" en gebalanseerd is, is nie individueel regtig moontlik nie want hoe jy daarna kyk liefde en vriende en sulke dinge BLY GOED tensy jy terugtree en dit in konteks van jou hele lewe en alles rondom jou beoordeel.

Geld, vriende, liefde ens is belangrik ja maar het dit so belangrik geraak dat dit alles rondom jou begin oorneem en beheer?

Die verskil tussen 'n giftige en normale verhouding word op dieselfde basis uitmekaar geken met die vraag of sodanige verhouding oorhoofs en in geheel en oor tyd afbrekend of opbouend is? Nie net met betrekking tot die verhouding nie, maar ALLES in JOU LEWE en dit sluit in kinders, familie, vriende, werk, kerk, stokperdtjies en alles.

'n Bakleiery in 'n normale verhouding kan gesien word soos om iemand so af en toe 'n bietjie GIF te gee wat tot gevolg het dat sodanige persoon mettertyd 'n teen-serum daarteen laat ontwikkel deur 'n sterker en beter persoon te word want swaarkry louter 'n mens en maak jou sterk en die "gif" is in daardie verband tog 'n goeie ding.

Daarteen met 'n giftige verhouding is die TE faktor betrokke waar die gif so gereeld en aanhoudend toegedien word, dat dit nie net jouself, jou hart, siel en gees nie, maar ook alles rondom jou vergiftig, insluitend JOU EIE KINDERS, familie, vriende, kerk, werk en alles, alles.

'n Man en vrou wat dwelms gebruik en hulle kinders dan baie swaarkry asgevolg van dit, is nie noodwendig in 'n giftige verhouding nie en is die DWELMS die gif tensy sodanige dwelmmisbruik voortspuit uit 'n giftige verhouding tussen die twee waar die dwelmmisbruik dus nie die oorsaak is nie, maar die gevolg van sodanige verhouding.

'n Man en vrou wat baie baklei is nie noodwendig in 'n giftige verhouding nie en dit is trouens heel normaal vir baie mense, tensy sodanige "baklei" die gevolg is van 'n giftige verhouding wat hulle persoonlikheid, hart en siel en alles rondom hulle verander en vergiftig.

'n Giftige verhouding is dus nie direk sigbaar in die verhouding of individuele gebeurtenisse nie maar baie duidelik sigbaar as na die GEVOLGE van sodanige verhouding gekyk word in algehele, breë konteks.



Verhoudings Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste