Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Die Wonder Van Keuse

Category: Verhoudings

Date: 2014-11-01

Likes: 204

Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,

Verhoudings  


Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte, natuurlike teenoor geestelike, liefde teenoor haat en selfs die Bybel sowel as wetenskaplikes leer ons dieselfde.

Die heelal, son, aarde, mens en dier is natuurlik en sigbare dinge en behaag God nie want God is Geestelik, Lig en Liefde.

Feitlik alles van 'n atoom tot 'n virus of 'n ster of liefde bestaan uit teenoorgestelde dele en HOE en in watter mate dit teenoor mekaar staan, bepaal die krag of swakheid, nuttigheid of nutteloosheid en baie ander dinge daarvan.

'n Atoom op sigself is neutraal, uitgebalanseer deur 'n gelyke getal protrone en neutrone en kom in ALLE MATERIE (natuurlike dinge) voor maar as die balans versteur word dan ontplof dit as 'n vernietigende atoombom of energie gewende kragbron, 'n oorsaak en gevolg kern reaksie.

Net soos 'n eenvoudige atoom deur 'n KEUSE in 'n vernietigende atoombom of energie gewende kragbron omgeskep kan word, net so het God ons as mens die wonder van keuse gebied om ons eie werklikheid, ons eie realiteit en ons eie wereld te skep. Afsonderlik sowel as gesamentlik.

Nieteenstaande die almag van GOD wat in en oor alles is, want die geestelike is NIE gebonde aan die natuurlike nie, het hy ONS, die MENS, so lief dat hy ONS die keuse gegee het tussen God (geestelike) en die duiwel (natuurlike) en in watter mate en hoeveelheid ons dit balanseer. Hoe meer jy as die natuurlike JY, vleeslike mens dink en handel, hoe kleiner die geestelike in jou lewe en hoe meer jy die geestelike, liefde, vrede, blymoedigheid, die vrugte van die gees, IN JOU aanvaar en daaroor dink en handel, hoe groter die geestelike en dus ook God in jou lewe.

JY het 'n keuse om NOU te smile of te frons, Jy het NOU 'n keuse om bly te wees oor die reen of sonskyn. Jy het NOU 'n keuse om 'n vriendelike woord te deel of niks. Jy het NOU 'n keuse om gelukkig te voel of ongelukkig. Jy het NOU 'n keuse om vrede te maak met jou verlede of nie. Jy het NOU 'n keuse om net te sit of te werk of werk te soek. Jy het NOU die keuse om jou voet neer te sit of nie. Jy het NOU die keuse om gemors in JOU lewe te aanvaar of dit nie verder toe te laat nie. JY, JY niemand anders nie, nie eens GOD nie, is in beheer van JOU EIE LEWE.

As natuurlike mens is nie God of die lewe of enigiemand iets aan jou verskuldig nie. Elkeen van ons het sy/haar eie lewe, sy eie keuses en besluite om te maak en as natuurlike mens is ons 'n niks wat lewe en sterwe, soos die diere of plante of selfs magtige sonne wat was en ook nog sal sterwe. DIT, die natuurlike, is nutteloos en leeg en geen wonder dat die Bybel se "Die natuurlike en vleeslike behaag God nie, wel die geestelike".

Die geestelike mens is deel van God self want die Bybel se ons is sy woning, ons is sy tempel, die gebou van God is julle, maar dit is JY wat die keuse het wat jy glo, dink en doen.

Bestaan JOU lewe, JOU wereld uit hoofsaaklik die natuurlike dinge van seerkry, swaarkry, sukkel en ongelukkigheid of bestaan dit uit die geestelike dinge, die vrugte van die gees, vrede, blydskap, blymoedigheid, sagmoedigheid en liefde?

Selfs liefde bestaan uit teenoorgesteldes, aardse, natuurlike liefde vir iemand gebore uit aardse en natuurlike dinge, skoonheid, seksualiteit, geld, gewoonte en wat iemand vir JOU beteken en dit dus oor die EIE EK gaan, of geestelike liefde, gebore uit wat JY vir die ander persoon beteken en dit die natuurlike oorskry en oorskadu.

Op die ou end, is die werklike wonder dat ons elkeen, elke dag, elke uur, elke minuut oor die WONDER VAN KEUSE beskik om ons eie lewe te bou en te verbeter, dag na dag, uur na uur, minuut na minuut.



Verhoudings Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste