Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Kommunikasie In Verhoudings

Category: Verhoudings

Date: 2014-11-01

Likes: 240

Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun

Verhoudings  


Onthou ek is DOOF en kommunikasie is 'n dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommunikeer as ek.

Hierdie is 'n uitdaging aan almal om eerstens vir my te se of kommunikasie in verhoudings as volg behoort te wees of nie en tweedens om vir my te se of jy of enigiemand wat jy ken dit doen want volgens MY ervaring is dit bitter baie skaars.

Een van die belangrikste aspekte van kommunikasie wat dikwels genoem word is om eerlike en reguit te praat en te LUISTER maar alhoewel dit waar is, dink ek die belangrikste punt word misgekyk.

Kommunikasie in verhoudings is 'n daad waarin elkeen van hom/haarself aan die ander gee.

Selfs al praat twee mense dae lank aanmekaar op elke manier en oor alles denkbaar, maar hulle deel NIE hulle diep, innerlike gevoelens met mekaar nie, dan GEE hulle NIE iets van hulself aan mekaar nie.

Om iets van jouself aan die persoon wat jy liefhet te gee is om OOK jou innerlike gevoelens, jou geluk en ongelukkigheid, jou vrese, bekommernisse en drome, kortom sommer jou hartsbegeertes en alles wat in jou hart aangaan, met sodanige persoon te deel.

In 'n verhouding is twee mense wat mekaar liefhet veronderstel om EEN in hart en siel te wees en die enigste manier om waarlik een te wees is om dit wat binne mens se hart en siel aangaan met mekaar te deel want daarsonder is dit bloot twee aparte mense gebind deur 'n verhouding of huwelik wat so baie maklik uitmekaar kan dryf.

Meeste mense is huiwerig om oor VERAL die "negatiewe" dinge te gesels maar die ironie is dat dit JUIS dit, oor die "negatiewe" dinge gesels, is wat die waardevolste en belangrikste van ALLES is om van jouself te gee en 'n verhouding te bou en te laat bly groei.

Met die positiewe dinge, ek voel gelukkig, ek is lief vir jou, geen worry in die wereld nie, is dit maklik om te deel en moeilik vir die duiwel om twyfel en onsekerheid te saai, maar met negatiewe dinge, ongelukkig voel, bekommernisse, onsekerheid, stres, dinge van die verlede en so aan, is dit moeilik om te deel en JUIS dan ook so baie, baie makliker vir die duiwel om dit te gebruik om twee mense uitmekaar te dryf.

Die beste wapen daarteen is dus om JUIS en VERAL oor die negatiewe dinge, dit wat jou pla en so aan te gesels met die een wat jy liefhet, hom/haar 'n kykie in jou hart en siel te gee sodat julle mekaar deur en deur kan ken en verstaan en die duiwel sy gat kan gaan lek.

Mense is en bly mens en sondig en maak foute en is nie altyd "perfek" nie en om OOK dit met mekaar te deel bind dit julle nog MEER saam as EEN.

Dink maar so bietjie aan al die mense wat jy ken en jou gevoelens en jy sal SIEN dat dit daardie mense is wat al van hulle "negatiewe" dinge met jou gedeel het, met wie jy al saam verkeerde dinge gedoen het, daardie MENSLIKE mense is, teenoor wie jy die sterkste voel en die teenoorgestelde geld vir meneer en mevrou perfek.

Kommunikasie in verhoudings is om byvoorbeeld sonder huiwering en maklik te kan vra "Wat is fout skat? Die afgelope tyd soen jy my nie meer nie" en die ander een op die beurt eerlik en reguit se hy/sy het 'n gemors gemaak en worry baie daaroor of so iets.

As die een nie die vrymoedigheid het om te vra nie laat dit die deur oop vir die duiwel om onsekerheid en twyfel te saai en as die ander een nie eerlik en reguit daarop antwoord nie en se niks is fout nie gebeur dieselfde selfs al was sy/haar bedoeling om die ander een die worry te spaar want onthou die twee is veronderstel om EEN te wees en saam ALLES te deel, nie net sekere dinge nie.

'n Perfekte verhouding is nie 50/50 nie, dit is 100/100 waar elkeen 100% van hom/haarself gee en om sekere dinge uit te laat, nie te deel nie, gee mens NIE 100% van jouself nie en bou dit momentum om daardie persentasie wat mens wel gee en deel voortdurend te laat krimp tot daar niks meer oor is om te gee en deel nie.

Werklike perfekte kommunikasie in 'n verhouding is om met mekaar te kommunikeer asof GOD SELF daar is en mens lieg en steek nie weg voor God nie of hoe. Trouens, God is liefde en God is waar twee of meer in SY NAAM vergader en as twee mense in liefde met mekaar kommunikeer, dan IS God in werklikheid ook daar teenwoordig MITS altwee dit besef en dienooreenkomstig daarvolgens met mekaar (en God in hulle midde) kommunikeer.

Laastens behoort kommunikasie in 'n verhouding nie net in woorde van persoon tot persoon te wees nie, maar van hart tot hart en siel tot siel, twee mense deur liefde gebind as een.



Verhoudings Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste