Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Kinders En N Giftige Verhouding

Category: Verhoudings

Date: 2014-04-28

Likes: 995

Soos elders beskryf kan olifant binne een week ingebreek en getem word en sal die groot en kragtige olifant nooit weer die

Verhoudings  


Soos elders beskryf kan 'n olifant binne een week ingebreek en getem word en sal die groot en kragtige olifant nooit weer dieselfde wees nie. Dit sluit ook amper enige dier in wat, nadat sy "gees" deur gevangenisskap gebreek en vernietig is, nooit weer werklik in die wild sal kan aanpas nie.

Soos ook al gese het Wetenskaplikes ook al bewys dat, as vlooie in 'n houer gesit word met die deksel op, die vlooie mettertyd leer dat hulle nie kan uitkom nie en as die deksel later afgehaal word, hulle net tot deksel hoogte kan spring en nie uit die oop houer nie en met veral 'n kind het 'n oorheersende en afbrekende ouer dieselfde effek want dit beperk en vernietig in 'n groot mate hulle vrye denke en persoonlikheid en alles.

'n Onafhanklike gees, denke en persoonlikheid is die EEN belangrikste ding wat 'n mens van 'n dier onderskei maar tog kan ook die sterkste mens gebreek word deur 'n langdurige giftige verhouding wat jaar na jaar net aan en aan en aanhou en so 'n manipuleerder die heer en meester word van sodanige slagoffer dat die slagoffer selfs hulself en ander mense kan opblaas in naam van 'n "god" en hierdie "heer en meester".

In 'n oortreder tot slagoffer wat alleen is verband is dit so bietjie "moeilik" want per slot van rekening is dit twee volwassene en wetlik selfstandige mense en kan niemand, selfs nie eens nabye familie, regtig inmeng nie en, mal soos dit is, is dit die slagoffer se "keuse" al is sy so gebreinspoel en afgebreek dat sy nie eens meer werklik weet en besef wat is wat nie.

Wanneer KINDERS egter ter sprake kom verander die prentjie en gaan dit nie meer net om die slagoffer self nie, maar OOK en veral haar kinders en haar algemene vermoë om 'n verantwoordelike ouer te wees en in beste belang van die kinders op te tree.

Kom ons kyk weer na die kenmerke van 'n psigopaat

Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.
Hulle het oor die algemeen ’n gemiddelde en selfs bogemiddelde intelligensie. Dis wat hulle so gevaarlik maak.
Hulle aanvaar nie verantwoordelikheid vir hul oortredings of foute nie.
Hulle blameer altyd ander, veral die mense naaste aan hulle, vir hulle eie foute, probleme en oortredings.
Hulle het 'n swak selfbeheersing en patologiese liefde vir hulself.
Hulle aanvaar nie verantwoordelikheid vir hulle dade nie en tree baie onverantwoordelik op.
Hulle is feitlik altyd meester meester-manipuleerders en verdraai die werklikheid om hulle te pas.
Hulle het altyd 'n totale gebrek aan berou en empatie en worry eenvoudig net nie oor enigiemand behalwe hulself nie.
Hulle lewensmaats word emosioneel afgetakel en vernietig en in die baie gevalle ook fisiek mishandel.
Hulle manipuleer hulle slagoffer oor ’n lang tydperk en kry so totale beheer oor die persoon.
Hulle sal moeite doen om die betrokkenes se selfbeeld af te breek en vir hulle gereeld sê hoe sleg hulle is.
Hulle is soos wolwe in skaapklere wat ’n masker van normaliteit aan almal voorhou.
Hulle het lae frustrasietoleransie en reageer vinnig met woedeuitbarstings en vernietigende verbale aanvale.
Hulle is amper ongelooflike gladde bekke met ‘n byna duiwelse vermoë om mense te oortuig van hulle onskuld.

As sulke psigopate hulle voorheen sterk, volwasse en baie dikwels selfs geleerde slagoffer amper tot op die rand van selfvernietiging kan dryf, hoeveel meer skade word daar nie aan onskuldige, sensitiewe kinders aangerig nie en DIE letsels daarvan is diep en kan vir die res van hulle lewe duur en hulle hele lewe en toekoms opneuk. Nee wag. OPFOK op dit sag te stel.

Toevoegend tot bogemelde

Hulle is in ekstra gesagsposisie as ouer en verreis absolute gehoorsaamheid onder die vaandel van "disipline".
Hulle is verseker dat sodanige kinders nie sal of kan wegkom nie omdat hulle die wetlike voog is en kan dus maak wat hulle wil.
Hulle voel nog meer geregtig om die kind se lewe en alles volkome te beheer en gebruik dit ten volle.

As die volwasse slagoffer se "liefde" nie genoeg is nie, net so in erger mate met die kinders want hulle liefde sal nooit genoeg wees nie en die psigopaat sal altyd absolute gehoorsaamheid verreis ongeag wat dit aan die kind doen en hoe dit die kind se eie persoonlikheid en alles geheel en al opneuk.

Nog ERGER is dat 'n psigopaat maklik en trouens feitlik altyd die kinders sal gebruik om nog MEER beheer oor die slagoffer en almal te kry en die skade aan almal soveel dieper raak want OOK di ekinders word geissoleeer van familie, vriende en ander mense wat kon help om 'n balans te handhaaf of by wie om hulp gevra kan word.

Asgevolg van sulke emosionele mishandeling kan die slagoffer nie meer haar eie kinders se belange verdedig en beskerm nie en net soos die slagoffer emosioneel mishandel en vernietig word sal die kinders ook mishandel word en dit die res van hulle lewe skaad

GEBREK AAN EMOSIONELE SEKURITEIT

Een van die diepste behoeftes van kinders is konsekwentheid, insluitende die definitiewe wete dat hulle onvoorwaardelik aanvaar en gewaardeer word deur hul ouers.

Met emosionele mishandeling van 'n ouer en hulself leer kinders vroeg dat enige iets moontlik kan wees. Hulle weet nooit wat die uiteinde van n situasie sal wees nie. Daar is geen grense of voorspelbaarheid van gedrag wat op hulle gerig is of houdings teenoor hulle nie. Waar geen grense is nie, is geen sekuriteit nie en verwydering of afwesigheid van grense, skep vrees.

As ‘n kind in ‘n huishouding leef waar daar geen grense vir volwasse gedrag is nie, is vrees die onvermydelike gevolg terwyl sulke uiterste vrees deur die ouer misverstaan word as gehooprsaamheid. Die kind leer om die skielike en gewelddadige te verwag. Fisieke of verbale aanvalle is enige tyd moontlik. Uit selfbeskerming leer hulle om dit ongesiens te laat verby gaan. Die lewe is veiliger en makliker so.

Die rede vir sulke mishandeling word dikwels deur die oortreder gegee as: jy is stout, sleg, dom, lelik, nie welkom nie, verkeerde geslag, verkeerde ouderdom, verkeerde persoonlikheid. Bloot net enigiets wat verskil van die oortreder se siening van wat "perfek" volgens HOM moet wees. Wat ook al die rede, jy en die kinders is te blameer vir wat met jou en julle gebeur, die skuldige, die oorsaak van dit alles.

Die doel van bogemelde is om 'n skuldgevoel by die slagoffer in te prent soos wat meestal die geval is met molestering en verkragting waar die veral jong kind laat glo word dat SY die oorsaak is daarvan om haar sodoende nie net te laat stilbly nie, maar nog meer onder die molesteerder en verkragter se mag te kry.

Dit is egter nie ware skuld nie. Ware skuld is asgevolg van ’n realisties begrip van jou eie aandeel. Vals skuld is ’n neerdrukkende las gebaseer op leuens, idees en houdings van ander. Emosionele mishandeling voed al die verwarrende boodskappe na jou kop en solank jy die afhanklike slagoffer bly, veroorsaak dit intense, verlammende pyn.

Vir die emosionele mishandelde word ’n gevoel van skaamte gebore uit ’n gevoel van vrees vir die wêreld en vir wat dit mag inhou. Aanvanklik maak dinge nie sin nie, maar dan neem skuld oor. Jy voel verantwoordelik. Jy word vertel jy is verantwoordelik. Jy begin glo slegte dinge gebeur met jou omdat jy sleg is. Dit maak vreemd sin. Deur die skuld te voel en te glo, probeer jy eintlik om weer beheer oor jou lewe te neem.

Vir kinders is dit ’n baie normale reaksie om te dink: Ek is skuldig aan die slegte dinge wat met my gebeur, so al wat ek moet doen, is om my gedrag te verander, my voorkoms, my gewig – om die slegte dinge te laat stop. As ek kan wees wat jy wil hê ek moet wees, dan sal jy my liefhê. Kinders sal enige iets doen om die mishandeling en seerkry te laat stop, Hulle lyk op die oog af na model kinders: inskiklik, stil, uitermate volwasse. Ouers prys dan hul gedrag en die kind begin hoop dat hy/sy die metode gevind het om die mishandeling te stop, deur iets en iemand te wees wat hy/sy nie is nie.

As die mishandeling egter oor ’n lang tydperk aanhou, begin die kind sy hart verhard. Hoop vervaag, teleurstelling lei tot frustrasie en woede en bitterheid vind ’n vashou plek. Die hoop was vals en die verwagting gaan verlore. Dit het nie gewerk nie. Die mishandeling gaan voort, teleurstelling, bitterheid, woede uitbarstings, en baie ander dinge volg en die kind se lewe word 'n mengselkroes van abnormale emosies en probleme.

So fundamenteel is die emosionele behoeftes aan ‘n intieme band, troos en stabiliteit, dat verwaarloosde kinders oorgaan na onbehoorlike, skadelike en selfvernietigende gedrag as ‘n substituut en in ‘n poging om te oorleef.

Die effek van emosionele mishandeling op 'n kind se ontwikkeling

Fase 1: Vertroue vs Wantroue (0-1 jaar)

‘n Gevoel van vertroue ontwikkel uit die baba se verhouding met sy ouers – veral sy moeder wat meestal die primêre versorging waarneem. ‘n Baba leer om ander te vertrou indien daar in sy fisiese en emosionele behoeftes voorsien word. Dit behels bv. Dat hy gevoed word indien hy honger is en hy liggaamlike kontak en warmte van ‘n liefdevolle ouer ervaar. Die baba glo dan dat die wêreld en die mense rondom hom betroubaar is en dit word die eerste boublok waar hy ook positiewe gevoelens oor homself koester. Die warmte van die ouer-kind verhouding stel die kind in staat om frustrasies en angs te verdra.

Wanvertoue ontwikkel indien:

Die baba se basiese behoeftes aan versorging en vertroeteling nie bevredig word nie deur byvoorbeeld ouers in 'n giftige verhouding.

As daar nie in die baba se behoeftes voorsien word nie, ervaar hy die wêreld as ‘n plek vol pyn, frustrasie en onsekerhede. Die baba het geen besef van tyd nie en die pynlike gevoelens skyn vir ewig te wees sonder ‘n verwagting dat dit tot ‘n einde sal kom.

Fase 2: Selfstandigheid vs Skaamte en Twyfel (1-3 jaar)

Gedurende hierdie fase ontwikkel die kind ‘n verstand en wil van sy eie, en leer hy hoe om dinge vir himself te doen. Dit is tot sy voordeel indien die ouers hom toelaat om ‘n seker mate van vrye keuses uit te oefen. Terselfdertyd word ‘n mate van selfbeheersing aangeleer. Die kind wat selfstandigheid ontwikkel leer om meer beheer oor sy lewe uit te oefen en ontwikkel ‘n gevoel van selfvertoue in sy vermoë om keuses te maak.

Skaamte en Twyfel ontwikkel wanneer die kind se onafhanklike optreding beperk word, ouers die kind emosioneel mishandel en oorheers sonder inagneming van sy eie identiteit en ouers nie die kind teen seerkry beskerm nie of selfs die kind beseer

Hierdie kind kan intense gevoelens van angs, wanhoop en depressie ervaar. Hy kan ook ‘n gevoel van verlatenheid en verlies aan vertroue in homself en andere beleef.

Fase 3: Inisiatief vs Skuld (3-5 jaar)

Inisiatief spruit voort uit ‘n gewillingheid om dinge te probeer en die selfvertoue om kanse te waag. ‘n Kind wat inisiatief ontwikkel kan teen die ouderdom van 4 jaar voel dat die wêrld inherent ‘n goeie plek is. Modellering van volwassenes se gedrag kom voor en die kind wil graag soos sy ouers wees. Gevoelens van jaloesie en wedywering met sy broers en susters (of portuurgroep) is normaal. Dit is ook die fase waar die verbeelding en fantasie ontwikkel en hy kan dikwels nie tussen fantasie en die werklikheid onderskei nie. ‘n Gewete begin ook ontwikkel. Gedurende hierdie periode is die kind baie skeppend. Die kind begin ook nuuskierig raak oor seksuele aangeleenthede.

Skuld ontwikkel wanneer uitermatige straf lei tot uitermatige skuldgevoelens as daar verwag word dat die kind goed of soet moet wees. Dit veroorsaak dat kinders nie lus is om nuwe dinge aan te leer nie en ‘n kind kan veral sensitief wees vir vreesaanjaande situasies.

Fase 4: Werkywer vs Minderwaardigheid (6-12 jaar)

Die volgende groot taak vir die kind is om werkywer en produktiwiteit aan te leer. Die kind moet aanpas in ‘n wêreld waar lees, skryf en samewerking met ander belangrik is. ‘n Kind wat tot dusver positief ontwikkel het, wil graag leer en opdragte goed voltooi.

‘n Dieper bewussyn van reg en verkeerd ontwikkel ook deur na die ouers as rolmodelle te kyk. Die vader figuur is veral belangrik. Die seuns idealiseer hul vaders en die dogters hou hom ook as model voor. Gedurende hierdie fase word die kind ook van ander se gevoelens bewus.

Kenmerke van minderwaardigheid:

* Die kind voel ontoereikend aangesien hy nie die nodige vaardighede aangeleer het nie.
* Die kind kan ook ander doelbewus seermaak om sy eie tekorkominge te verberg
* A.g.v. sy negatiewe beeld oor homself ag hy homself of ander nie van waarde nie.
* Regressie na ‘n vroeë stadium waar hy veilig gevoel het, kom algemeen voor.
* Angs manifesteer in woede uitbarstings, diefstal en leuens
* Die kind is bang vir verwerping en verwerp dikwels die mense naaste aan hom voor hulle dit aan hom kan doen
* Die kind sukkel om sy emosies te verbaliseer.

DIE EFFEK VAN MISHANDELING EN VERWAARLOSING OP DIE BINDINGSPROSES

Binding is die liefdevolle band tussen twee individue wat bestaan deur tyd en ruimte en wat hulle emosioneel aan mekaar bind. Dit is belangrik dat ‘n kind ‘n binding met die volwassenes in sy lewe vorm want dit:

* Gee hom vertoue in ander en homself
* Lê die fondasie vir die kind se ontwikkeling op alle vlakke van sy lewe
* Help hom om sy vrese en angs te hanteer
* Verminder negatiewe gevoelens soos jaloesie.

Bindingprobleme ontstaan wanneer ‘n kind:

* Nog nooit ‘n binding gevorm het nie.
* Die binding verbreek is as gevolg van die ouers se dood of die verwydering vanuit die ouers se sorg.
* Vanweë gebrekkige binding met ouers.

Sodanige bindingsprobleme ontstaan wanneer

* Die ouer reageer nie op sy kind se behoeftes nie
* Die kind se behoefte na vertroeteling word ontmoedig
* Die kind word verwerp
* Die ouer straf die kind se afhanklikheidsbehoeftes
* Die ouer is inkonsekwent
* Die ouer verwar sy eie behoeftes met sy kind s’n
* Die ouer gebruik sy kind om in sy eie behoeftes te voorsien
* Die kind se onafhanklikheid word ingeperk
* Die ouer fluktueer tussen onderwerping aan die kind se behoeftes en dominerende gedrag teenoor die kind.

Die ergste is egter dat, waar die slagoffer alreeds sodanig onder die algehele invloed van die oortreder is, sy self nie net dinge vererger deur nie vir die kind op te kom en te beskerm nie, maar trouens selfs onbewustelik meedoen aan die sielkundige mishandeling deur ook die kind te wil beheer en tot volkome gehoorsaamheid te dwing ten einde te keer dat die oortreder sy woede en dinge op die kind kan uithaal.

Nog erger as bogemelde en alles saam, is as die slagoffer onder sulke massiewe druk en spanning verkeer sonder enige uitlaatklep, sy self 'n amper groter en letterlike gevaar vir die kinders inhou asgevolg van die geweldige magteloosheid, woede en al die opgekropte emosies wat kan uitbars en die persoon laat knak en die kinders in 'n oomblik van tydelike waansin selfs kan doodmaak.

As jy in 'n giftige verhouding is, kinders het en baie van bogemelde is van toepassing, KRY HULP. NOU!!!



Verhoudings Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste