Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Werklike Voorbeeld Van N Giftige Verhou

Category: Verhoudings

Date: 2014-04-28

Likes: 102

21 Jarige vrou sag en liefdevol. 34 Jarige verloofde geskei met 2 kinders uit vorige huwelik maar word deur hofbevel verbied om

Verhoudings  


21 Jarige vrou sag en liefdevol. 34 Jarige verloofde geskei met 2 kinders uit vorige huwelik maar word deur hofbevel verbied om die kinders te sien.

Die volgende beskrywing pas hom perfek.

“People diagnosed with a Narcissistic Personality Disorder are characterized by unwarranted feelings of self-importance. They have a sense of entitlement and demonstrate grandiosity in their beliefs and behavior. They have a strong need for admiration, but lack feelings of empathy.”

“Narcissists have such an elevated sense of self-worth that they value themselves as inherently better than others, when in reality they have a fragile self-esteem, cannot handle criticism, and often try to compensate for this inner fragility by belittling or disparaging others in an attempt to validate their own self-worth.”

Op die oog af 'n gawe, vriendelike man waarvan almal hou en groot en sterk gebou soos 'n rugbyspeler.

Verblind deur bogemelde word sy silekundig, geestelik en emosioneel stelselmatig afgebreek tot niks en wat dagga moet rook om te voorkom dat sy 'n senu-ineenstorting kry en of hom of hulle twee kinders ergstige leed aandoen. Hy daarteen rook ook dagga om hom "kalm" te hou want daarsonder kan hy eenvoudig net nie sy emosies en woede-uitbarstings hanteer nie.

Sy word vergiftig teen haar familie, mag nie vriende hê nie en word geissoleer van almal. Sy is al so "gebreinspoel" dat sy haar 3 jarige seuntjie, wat nie syne is nie en hy verpes maar vir wie sy baie lief was, weggeteken het en "beweer" hy "voel" nie meer soos haar kind nie en dit is buitendien veiliger vir hom weg van haar verloofde en in haar eie woorde het hy selfs die hond beter behandel as vir daardie kind.

Die oggend voor hulle dogtertjie se geboorte was sy total histeries nadat hy gedurende die nag seks wou hê met haar vriendin wat kom kuier het en LANGS haar geslaap het. Altwee moes net keer maar hy het eers opgehou en kwaad geword toe sy in trane begin uitbars en haar beskuldig dat sy nie lief is vir hom nie en dat dit beter is dat hy f...off.

Toe haar pa hom by die hospitaal konfronteer laat hy die sekuriteit hom uitgooi terwyl syself ook teen haar pa gedraai het omdat hy die "pa" is en ondanks vele pogings om haar te sien het hy hulle geissoleer van haar hele familie en eers maande later toe hulle niks kos of geld gehad het nie, skietgegee mits haar pa hom om verskoning vra omdat hy met hom baklei het.

Hy totaal oorheers en domineer haar en sy mag nie eens vir haarself dink nie en hy word woedend en gooi mandtjie in winkel neer as hy se sy moet daardie tampons vat maar sy 'n ander soort wil hê. Hy se haar voor hoeveel shampoo sy moet gebruik, hoe sy moet skottelgoed was of kos maak. Sy is nooit seker in watter bui hy huistoe kom nie en selfs al het sy haar bes probeer om alles perfek te doen, sal hy woedend word omdat sy saam met haar pa winkel toe gegaan het om kos vir hulle te koop sonder SY toestemming en haar, weg van haar pa af, vloek en skel en se sy en kinders moet saam met haar pa f...off en hy wens sy vrek.

Hy het haar al letterlik op woonstel vloer rondgesleep dat haar arm potblou is van sy groot hande, vir die seuntjie wat weggegooi is geslaan toe hy nog 'n baba was, sy eie dogtertjie gelukkig op bed neergegooi en die polisie ondersoek die moontlikheid dat dit hy is wat hulle latere 3 maande oue baba se arm beseer het. Die arm was na 3 weke nog seer maar aangesien die oupa verbied is om weer daar te kom omdat hy onverwags opgedaag het om KOS en GELD vir hulle te bring, het die oupa geen keuse gehad as om deur middel van die polisie die baba by 'n hospitaal te kry nie.

Sy glo nie hy het die baba seergemaak nie en het al gevra dat hulle die baba dokter toe vat maar meneer is altyd slim en se dit arm is okay. Dit is omdat hulle NIE die baba dokter toe gevat het nie (die oupa HET aangebied om dokter toe te vat maar hy het geweier) dat hulle amper gearresteer was. Alhoewel dinge tussen haar en haar pa toe reggekom het, het hy haar later oortuig haar pa is 'n kanker in haar lewe en die oorsaak hoekom hulle amper hulle kinders verloor het.

Die vrou waar hulle bly het haar maand of so daarna aangerand terwyl sy baba in haar arms gehou het en die baba het ook effens seergekry. Die mense het erg gedrink en sy het letterlik vir hulle lewe gevrees want daar word aan die deur gehammer en sommer hele spul ander dinge en sy het haar pa gevra om te kom help maar toe hy wel opdaag, toe word hy weggejaag en tot vandag word hy totaal uit hulle lewe gesluit.

Sy was nog nooit ooit seergemaak by haar pa nie maar al aangerand deur haar verloofde se ma terwyl hy by was. Dit was hy wat haar al fisies seergemaak het, haar afbreek en afkraak en besig is om haar en kinders te vernietig maar tog tik HY die volgende sms op haar foon sodat sy dit vir haar pa kan stuur maar sy het dit nog nooit gestuur nie.

"Hoe meer ek sit en dink hoe meer kwaad word ek en hoe meer HAAT ek jou!! Deur JOU het ek amper my kinders en die pa van my kinders verloor! Jy het amper jo sogenaamde kleinkinders se lewe OPGEFOK!! Jy is nie my pa nie, net 'n kanker wat in my lewe is en ek dink dis tyd dat ek die kanker uit my gesin se lewe uitsny, dis al hoe ek my gesin kan beskerm teen KAK soos jy!! Ek wil nie iemand in my lewe he wat my lewe verewig sal moeilik maak en SAL opfok nie, en jy kan nie stry nie jy weet net so goed soos ek dat dit maar net die persoon is wie jy is (as jy nie kry wat jy wil he nie, fok jy mens se lewe op en voel eintlik nie 'n fok vir enigiemand behalwe jouself nie) so oorweeg jouself nie meer ‘n oupa of ‘n pa of skoonpa nie ok!!! Moenie eers terug antwoord nie want ek sal dit nie lees nie, en sy sal ook nooit weer van my hoor nie …. Bye”

In konteks gesien is dit feitlik PRESIES omgekeerd op HOM van toepassing en nie haar pa wat nog altyd net gehelp het nie.

Hierdie verloofde gaan nog een of ander tyd die oorsaak wees dat een van die kinders nog ernstig seerkry of deur homself asgevolg van sy woede uitbarstings of deur die vrou self omdat haar senuwees reeds ver, ver verby breekpunt is en voor die geboorte van die laatste kind het sy al gesmeek haar pa moet dadelik kom. Sy kon nog nooit verstaan hoe 'n ma haar kind teen die muur doodslaan nie (na aanleiding van 'n nuusberig) maar NOU weet sy en sy wil nie iets doen waaroor sy vir altyd spyt is nie.

Hy help haar met NIKS en verpes enige baba of kind wat huil en KAN dit nie hanteer nie en soos hierbo gesien word sy feitlik altyd afgebreek en afgekraak en bo en behalwe dit, moet sy nie net alles perfek doen nie maar ook die emosionele en "baby blues" van twee babas hanteer, hulle voed, bad, versorg en aan die slaap kry en as sy tot by breekpunt toe moeg is en nie meer helder kan dink nie, dan vloek en skree meneer soms die babas ook nog wakker.

GEEN mens kan dit onbeperk hanteer nie en erens gaan iets ernstig skietgee en gemors veroorsaak.

Soos ek in ander pos geskryf het oor dwelms HELP die dagga wel om dinge meer draaglik en rustiger te maak maar dit is 'n gevaarlike duiwelspiraal maar WAT kan mens regtig daaraan doen behalwe as om te wag tot iets gebeur het wat polisie of welsyn ingryping regverdig?



Verhoudings Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste