Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

N Les Van N Baba

Category: Advies

Date: 2015-04-26

Likes: 301

Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig

Advies  


Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?

'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig kan sien hoe hy konsentreer, sy lyfie en armies uitstrek en probeer en probeer. Hy het 'n DOEL gestel om daardie voorwerp te kry en op daardie oomblik het niks anders saakgemaak nie en sy hele brein, lyf en energie saamgewerk om dit in die hande te kry.

Met verloop van tyd sal die baba leer om te kan rol, te kruip, te loop en te klouter op watookal voorkom en selfs grootmense probeer manipuleer met 'n geskree en gehuil of 'n tantrum gooi en in baie gevalle oorheers hulle wilskrag selfs die van volwassenes wat op die ou end maar ingee.

Wat jy daaruit kan leer is dat, as jy besluit het jy WIL iets hê, dit nie nodig is om onmiddelik te dink of te weet hoe om dit te kry nie en met verloop van tyd, NADAT jy bloot BEGIN probeer het om jou doel te bereik, sal jy begin leer daar is nog baie ander maniere hoe jy kan kry wat jy wil hê maar dit is nie belangrik nie en sal vanself kom, die belangrikste is om te begin en aan te hou probeer.

Besluit wat jy wil hê en begin doen is die belangrikste en moeilikste, die "hoe" kom later en is die maklikste want as mens se konsentrasie, wil en alles eers op iets ingestel is op iets volg die res amper outomaties, vanselfsprekend, so asof alles daarop ingestel is om jou te gee wat jy wil he en verwag, sukses, of mislukking.

Wanneer daardie babatjie gekry het wat hy wil he, sal jy ook nog iets opmerk en dit is dat, ongeag al die energie en alles wat daarin gesit is om dit te kry, hy sodra hy die voorwerp gekry het, hy vinnig belangstelling verloor en sy aandag en alles weer op iets anders fokus.

Wat jy hieruit kan leer, is dat iets te kry of te bereik nie so belangrik is as die voorafgaande motivering, dryfkrag, uit en aanhou om dit te kry nie.

Groot en belangrike doelwitte is dus nie so belangrik nie en kleiner, behaalbare doelwitte waar die fokus is op die bereiking daarvan, is beter want dit is die proses en pad self wat jou verbeter, jou doelwitte hoer en hoer stel, jou leer, slyp en daarop instel om doelwitte te bereik, sodat jy op die ou end net meer en groter doelwitte vir jouself kan stel, wel wetende dat jy dit kan en sal bereik.

Baie mense lewe bloot van dag tot dag, lewe maar net want hulle het opgehou groei, opgehou doelwitte, drome en ideale nastreef en te probeer bereik. Hulle kan vir not 10 of 50 jaar lewe maar op die ou end is hulle maar nog steeds in presies dieselfde situasie as vandag en het hulle bloot hulle tyd omgelewe.

Begin lewe, begin doen, stel klein doelwitte en bereik dit en herhaal die proses met al hoe groter en beter doelwitte, strek jouself nog verder uit, leer hoe om te kruip, te loop en te klouter. Leer hoe om mense en dinge en omstandighede te manipuleer om te kry wat jy wil he.

Waarom wag tot eendag as jy oud en klaar is en nie meer kan nie, gaan jy dan met spyt sit en terugdink nie aan dit wat jy gedoen het nie, maar aan dit wat jy NIE gedoen het NIE, die verkwiste tyd, jare, lewe?

Dit is so maklik soos om hierdie ook met iemand anders te deel wat dit nodig het, want dit is iets wat jy GEDOEN het wat jy nog nie voorheen gedoen het nie, iets positief en verbetering van jouself, want die maklikste manier om jouself te motiveer, is om iemand anders te motiveer.



Advies Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste