Frank Coetzee

Website Ontwerp

Website Ontwerp

Website Ontwerp

In plaas van gewone website ontwerp wat uiters duur is weens die tyd, moeite en uniekheid vir elke individuele klient, was daar vir jare gefokus om 'n website ...

In plaas van gewone website ontwerp wat uiters duur is weens die tyd, moeite en uniekheid vir elke individuele klient, was daar vir jare gefokus om 'n website beheerstelsel te ontwerp wat kliente in staat stel om maklik sy eie website te beheer.

'n Besigheidseienaar ken inelkgeval sy eie besigheid die beste en deur self sy website te ontwerp verskaf dit 'n persoonlike afronding wat baie help om vertroue in sodanige website en besigheid te versterk.

Vanuit algemene perspektief, selfs al betaal jy iemand R20 000 om 'n unieke webwerf vir jou te bou, sal dit nog steeds nutteloos wees om 'n sterk internet teenwoordigheid te bou want die ENIGSTE ding wat werklik saak maak, is hope goeie kwaliteit en unieke INHOUD (content) en ons website beheer stelsel was juis en spesifiek daarvoor ontwerp.

Nie Amptelik

Ek bou al 10+ jaar websites en daar is derduisende gratis of lae koste programme, templates en ander goed beskikbaar om 'n website mee te bou en sommige daarvan is so goed dat selfs al betaal jy 'n besigheid R100 000, hulle steeds nie die funksies en kwaliteit daarvan sal kan ewenaar nie, laat staan nog oortref.

Met bogemelde kan ek feitlik enige klient help om amper enige website te bou maar weens die tydrowende aard daarvan adverteer ek dit nie as "amptelike" diens nie omdat my fokus op die hosting is en om kliente te help.

KLIENTE is egter vry om my te enige tyd te kontak indien hulle 'n spesifieke website soek en ek kan dan die moontlikhede nagaan en voorstelle sowel as koste daaraan verbonde verskaf, wat feitlik altyd so laag is dat niemand dit sal kan oortref nie, bloot omdat ek dit as "guns" vir kliente doen en dit nie as inkomste genererende diens beskou nie.

Error in query: UPDATE `services` SET `views`= views+1 WHERE `id`= '1'