Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Wat Is Die Waarheid En Werklikheid

Category: Verhoudings

Date: 2014-04-28

Likes: 325

Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo

Verhoudings  


'n Sielkundige luister eendag na 'n paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoom af te blaas se hy vir hulle dit dit vir hom wat so sit en luister klink of hulle van twee heeltemal verskillende vakansies praat.

Hy vat toe 'n lemoen wat op sy tafel lê en vra vir hulle hoeveel lemoene is hier waarop altwee so biejtie uit die veld geslaan antwoord 1 lemoen.

Met 'n mes sny hy die lemoen in twee gelyke dele en vra weer vir hulle hoeveel lemoene is hier en die een se daar is 1 lemoen en die ander een se daar is 2 lemoene.

Hy gee toe vir elkeen 'n deel van die lemoen en sê hulle moet dit eet en dan neerskryf hoe dit smaak. Toe hy die antwoorde terugkry kyk hy 'n rukkie daarna en vra of hulle dieselfde lemoen geeet het want die een skryf dit is soet terwyl die ander een geskryf het dit is effens suur so WATTER een is reg?

Met dit verduidelik die sielkundige dat daar in werklikheid 3 lemoene is.

"Die een lemoen is hoe dit vir die een persoon proe en die ander lemoen is hoe dit vir die ander een proe en die derde lemoen is hoe dit in werklikheid proe en net God weet wat die waarheid is"

Met bogemelde is dit duidelik dat waarheid en werklikheid 'n wisselende begrip is en om dit te illustreer gaan ek sommer die sterkste waarheid en werklikheid in elke mens bevraagteken.

WIE is jy werklik, wat is jou naam en wat is jou identiteit?

Sannie du Toit nê? Hmmm. HOE SEKER is jy daarvan?

Daar is so baie stories van babas wat omgeruil was, gesteel was, kinders wat weggeraak het, foute by hospitale en kinders wat aangeneem is dat dit NIE ONMOONTLIK is dat dit ook met jou gebeur het nie en dat jy in werklikheid Susanna visagie is. As jy ontken dat dit onmoontlik is, dan ontken jy ook die waarheid en werklikheid daarvan dat dit wel waar kon wees en is dit 'n werklikheid gegrond op valse aannames op dieselfde basis deur te ontken dat die lemoen anders kan proe as wat JY se dit proe.

Alles wat 'n mens sien, dink, voel, hoor, leer en ervaar in 'n mens se geheue gestoor word op dieselfde manier as wat data op 'n rekenaar skyf gestoor word.

Gestel ek slaag daarin om die hele, totale geheue van twee persone, Jan en Piet, op 'n rekenaar af te laai en dit omgekeerd terug te laai, watter een van die twee is Jan en watter een is Piet?

Is PIET nog steeds Piet of nie?

Onthou dat met JAN se totale geheue in PIET se kop, alles, alles en alles wat hy kan onthou, dink of droom of watookal se vir hom dat HY JAN IS en dit is vir hom die waarheid en werklikheid maar die wereld daar buite, Jan se vrou, kinders, familie, werk en almal sal dink hy lieg, is vals en mal so WIE is reg en wat is die werklikheid en waarheid?

Is Jan se lyf met Piet se ALLES nog steeds Jan of is hy nou Piet? Wat maak jou Jan? Sy lyf? hare, oê of dit wat in sy kop is, sy geheue?

Jy IS wie jy DINK JY IS. Jy IS wie jy is deur jou denke, keuses en dade.

God is in die mens en nie iewers daarbuite nie en dit word op baie, baie plekke in die Bybel gesê. Die Bybel se ook met geloof kan jy berge versit maar dat geloof sonder die daad nutteloos is en dit is deur te DINK en te DOEN dat jy volvoering aan jou geloof gee.

Jou HELE lewe van goeie en slegte dinge, suksesse, kennis, ervaring, verkragtiging, mislukkings en mishandeling is ALLES in jou KOP, in jou geheue gestoor en as dit moontlik vir my of 'n dokter was, hoef ek bloot die negatiewe dinge soos verkragtiging en mishandeling uit jou geheue te "delete" en jy sal onmiddelik 'n "ander mens" wees sonder die bagasie van die verlede.

Maar nie EK of geen dokter kan dit doen nie, net JY en God IN JOU.

Deur te GLO dat God IN jou is en die geloof in denke, daad en optrede (keuses) te volvoer elke dag, elke uur en elke minuut, herskryf jy jou EIE geheue en plaas die negatiewe dinge van die verlede daar waar dit hoort, in die agtergrond, diep gebere as nie meer van toepasing nie, as irrelevante OU "files en data" wat jy nie meer benodig nie.

Verkragtiging is erg, ja ek verstaan dit, maar wat sal jy verkies? Om verkrag te word of om die res van jou lewe vermink te word, verlam te word?

In die begin is die trauma en emosionele dinge geassosieer met verkragtig verstaanbaar, maar as 'n verminkte of verlamde persoon na byvoorbeeld 2 jaar daardie trauma en emosionele dinge verwerk en weggebere het terwyl die verkragte persoon selfs 10 jaar daarna nog emosionele probleme ondervind, is dit NIE meer die verkragtiging nie, maar die persoon se EIE vashou en vasklou aan die negatiewe dinge wat vir die emosionele probleme verantwoordelik is.

Aanvaarding

Die pad na genesing van enigiets, hetsy 'n giftige verhouding, verkragtiging, mislukking, swak selfbeeld of fisiese wonde, begin heel eerste met aanvaarding dat dit 'n giftige verhouding, verkragtiging, mislukking, swak selfbeeld of fisiese wonde is sodat die liggaam en brein DAN EERS kan begin optree en werk om dit te genees, weg te skuif na waar dit hoort, die verlede.

Deur ontkenning hou jy letterlik sulke negatiewe dinge vars en lewendig en kan nie eens jou liggaam se immuniteit stelsel, God in jou, die helingsproses begin nie want JY VEG SELF daarteen deur te weier om te aanvaar daar is wonde. Die ontkenning krap aanhoudend die wonde oop en werk kontra-produktief teen die natuurlike en geestelike vermoëns van jouself as mens en as God in jou as mens.

Ek herhaal jy IS wie jy DINK JY IS. Jy IS wie jy is deur jou denke, keuses en dade so jy kan presies NOU begin om te aanvaar dat dinge nie reg is nie, dat daar 'n beter lewe daarbuite is en dat jy nie met ongeneeslike wonde hoef en ongelukkigheid te sit vir die res van jou lewe nie. Elke dag is 'n nuwe begin vir die res van jou lewe, so begin vandag want jy is dit aan jouself, jou kinders, jou familie, jou naaste en GOD verskuldig om die beste te wees van wat jy IS en KAN wees.



Verhoudings Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste