Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Giftige Verhoudings In Perspektief

Category: Verhoudings

Date: 2014-04-28

Likes: 312

Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver

Verhoudings  


Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as 'n giftige en ongesonde verhouding.

Bogemelde is egter giftige verhoudings in ernstiger graad en daar is baie ander "giftige" verhoudings wat ongesond is en die maatstaaf waarteen dit gemeet moet word is in HOE 'n mate die verhouding jou as mens, sowel as jou kinders, opbou of afbreek of bloot net laat stagneer in 'n dag-tot-dag bestaan.

Ek dink nie dit is werklik moontlik om enige "riglyne" te stel met betrekking tot sodanige maatstaaf nie omdat elke persoon vir homself moet besluit wat is die beste maar wil tog 'n paar dinge deel.

'n Sekere persoon is al baie jare getroud maar vasgevang in 'n giftige verhouding waaruit sy sal MOET loskom ter wille van haarself en die kinders (4) selfs al is daar geen sprake van enige vorm van mishandeling nie.

Die probleem is dat sy 'n baie sterk persoonlikheid het teenoor 'n swakkeling man en om hom "tevrede" te stel is sy TE onderdanig geword tot op die vlak waar "sy" heeltemal verdwyn in sy teenwoordigheid. Sy sal met mense lag en gesels en met kinders speel maar sodra hy inkom is nie eens die kinders meer van belang nie.

Hy aan die ander kant voel dit aan en dit veroorsaak 'n situasie waar die twee bymekaar die negatiewiteit in mekaar na vore bring wat NIE teenwoordig is weg van mekaar nie en gebruik hulle feitlik hulle hele huwelikslewe dwelms om van die werklikheid te ontsnap en ly die kinders geduring honger en het hulle feitlik niks.

Terwyl hulle saam is KAN hulle nie van die spiraal wegbreek nie en dit is 'n giftige verhouding wat veral die kinders se lewe en toekoms erg benadeel.

Uit bogemelde behoort dit duidelik te wees dat veral die kinders se welsyn en toekoms baie swaar te weeg indien 'n verhouding beoordeel word.

Per slot van rekening gaan dit NIE net oor die verhouding tussen man en vrou nie, maar ook oor watter invloed dit op die kinders se lewe sowel as hulle toekoms sal hê.



Verhoudings Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/267/invloed-van-emosionele-mishandeling
As jou mees fundamentele verhoudinge emosionele misbruik insluit, sal daardie misbruik jou pogings om gesonde, positiewe
https://www.coetzee.biz/information/109/gesonde-verstand
Gesonde verstand dikteer dat, as 'n mens kalm en objektief na 'n verhouding kyk en dit evalueer, dit 'n giftige
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/116/gevolge-van-emosionele-mishandeling
Jy sien en ervaar die lewe as onstabiel met weinig sekuriteit. Leef in angs, spanning en vrees en weet nooit wat om