Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Gevolge Van Emosionele Mishandeling

Category: Verhoudings

Date: 2014-04-28

Likes: 161

Jy sien en ervaar die lewe as onstabiel met weinig sekuriteit. Leef in angs, spanning en vrees en weet nooit wat om

Verhoudings  


• Jy sien en ervaar die lewe as onstabiel met weinig sekuriteit
• Leef in angs, spanning en vrees en weet nooit wat om te verwag nie
• Jy is constant bewus van ander se optrede teenoor jou en reageer met hipersensitiwiteit en vyandigheid
• Jy leer om jouself gedurig te bevraagteken, met gevolglike verwarring en gevoelens van ontkoppeling/afstand van jouself en ander
• Dit lyk asof jy niks meer reg kan doen nie – onsekerheid, skuld en skaamte volg
• Ander vertel jou dat jy altyd verkeerd is – besluiteloosheid en passiwiteit volg
• Jy het nie meer die energie om alles te beveg nie – apatie en depressive volg
• Jy voel jy is klaar met alles – woede en selfmoord gedagtes volg
• Dit lyk asof niks en niemand regverdig tenoor jou is nie – om reg en geregtigheid te laat geskied, is al waarop jy fokus
• Wanneer jy seergemaak is deur diegene wat jy liefhet, beskou jy liefde as ‘n risiko
• Wanneer die lewe pynlik is, word dwelmverslawing aanvaarbaar, omdat dit die pyn verdoof
• Wanneer jou gedagtes deurmekaar en chaoties is, breek dit die liggaam en sy sisteme stelselmatig af
• Wanneer jou innerlike spanning uiterlike stress tot gevolg het, word bestaande verhoudinge bedreig
• Wanneer jy nie meer jou negatiewe emosies kan beheer nie, word jy die teiken van selfhaat
• Ten diepste ontneem emosionele mishandeling jou van jou ervaring van sekuriteit en waarde
• Asgevolg van sulke emosionele mishandeling kan jy nie meer jou eie kinders se belange verdedig en beskerm nie
• Net soos jy emosioneel mishandel word sal die kinders ook mishandel word en dit die res van hulle lewe skaad

GEBREK AAN EMOSIONELE SEKURITEIT

Een van die diepste behoeftes van kinders is konsekwentheid, insluitende die defnitiewe wete dat hulle onvoorwaardelik aanvaar en gewaardeer word deur hul ouers.

Met emosionele mishandeling van 'n ouer en hulself leer kinders vroeg dat enige iets moontlik kan wees. Hulle weet nooit die uiteinde van n situasie nie. Daar is geen grense of voorspelbaarheid van gedrag wat op hulle gerig is of houdings teenoor hulle nie. Waar geen grense is nie, is geen sekuriteit nie. Verwydering of afwesigheid van grense, skep vrees.

As ‘n kind in ‘n huishouding leef waar daar geen grense vir volwasse gedrag is nie, is vrees die onmiddellike gevolg. Die kind leer om die skielike en gewelddadige te verwag. Fisieke of verbale aanvalle is enige tyd moontlik. Uit selfbeskerming leer hulle om dit ongesiens te laat verby gaan. Die lewe is veiliger en makliker so.

Vrees /Angs

‘n Verlies aan sekuriteit lei tot ‘n konstante gevoel van angs of vrees. Daar is voortdurend vrees vir die omvang van mishandeling en hoeveel skade dit gaan aanrig.

Skuld / Skaamte

Die rede vir mishandeling word dikwels deur die oortreder gegee as: jy is sleg, dom, lelik, nie welkom nie, verkeerde geslag, verkeerde ouderdom, verkeerde persoonlikheid. Bloot net enigiets wat verskil van die oortreder se siening van wat "perfek" volgens SY smaak moet wees. Wat ook al die rede, jy is te blameer vir wat met jou gebeur. Jy is die skuldige, die oorsaak van die mishandeling.

Dit is egter nie ware skuld nie. Ware skuld is as gevolg van ’n realisties begrip van jou eie aandeel. Vals skuld is ’n neerdrukkende las gebaseer op leuens, idees en houdings van ander. Emosionele mishandeling voed al die verwarrende boodskappe na jou kop en solank jy die afhanklike slagoffer bly, veroorsaak dit intense, verlammende pyn.

Vir die emosionele mishandelde word ’n gevoel van skaamte gebore uit ’n gevoel van vrees vir die wêreld en vir wat dit mag inhou. Aanvanklik maak dinge nie sin nie, maar dan neem skuld oor. Jy voel verantwoordelik. Jy word vertel jy is verantwoordelik. Jy begin glo slegte dinge gebeur met jou omdat jy sleg is. Dit maak vreemd sin. Deur die skuld te voel en te glo, probeer jy eintlik om weer beheer oor jou lewe te neem.

Vir kinders is dit ’n baie normale reaksie om te dink: Ek is skuldig aan die slegte dinge wat met my gebeur, so al wat ek moet doen, is om my gedrag te verander, my voorkoms, my gewig – om die slegte dinge te laat stop. As ek kan wees wat jy wil hê ek moet wees, dan sal jy my liefhê. Kinders sal enige iets doen om die mishandeling te laat stop, Hulle lyk op die oog af na model kinders: inskiklik, stil, uitermate volwasse. Ouers prys dan hul gedrag en die kind begin hoop dat hy/sy die metode gevind het om die mishandeling te stop, deur iets en iemand te wees wat hy/sy nie is nie.

As die mishandeling egter oor ’n lang tydperk aanhou, begin die kind sy hart verhard. Hoop vervaag, teleurstelling lei tot frustrasie en woede en bitterheid vind ’n vashou plek. Die hoop was vals en die verwagting gaan verlore. Dit het nie gewerk nie. Die mishandeling gaan voort, teleurstelling en bitterheid is nou die vyand.

Woede

Sonder sekuriteit, is vrees deel van elke dag. As skuld en skaamte die gees neerdruk en hoop word vervang met moedeloosheid, is al wat oorbly om te probeer oorleef en woede. Dikwels word die woede na binne gerig. Omdat hy/sy daagliks gebombardeer word met sogenaamde “bewyse” van onwaardigheid, word die frustrasie op die eie persoon gerig. Hul eie liggame word die ontvanger van hul emosionele pyn. Allerhande vorme van selfdestruktiewe gedrag as gevolg van hierdie selfgerigte woede kom in ’n verskeidenheid vorme voor.

Depressie

Emosioneel mishandelde mense is platgedruk en oorgeneem deur die oortreder se eie onbeheersde emosies en gedragsreaksies.

Dit verg geweldig baie energie vir die emosioneel mishandelde om bo te bly en verval maklik in depressie. Om vry te kom van woede, vrees, skaamte en skuld, word alle emosie afgesluit en dikwels op dwelms gesteun. Hulle onttrek na binne, sluit hulle af van ander en trek hulle hele wêreld na binne.

Woede-uitbarsting

Woede kan ook die roete van uitbarstings volg. Dit is egter nie die norm dat dit direk teen die oortreder geventileer word nie, maar meestal word hierdie woede na binne gerig. Wanneer dit na buite geventileer word, word dit eerder op ’n kind, familielid of ander verhouding gerig.

Om as gesonde, goed aangepaste volwassene te ontwikkel, het alle kinders nodig om te leer hoe om vrees, skuld en woede te hanteer. Dit is kragtige emosies wat baie positief in die leerproses toegepas kan word as dit korrek benut word. ‘n Gesonde vrees vir die regte dinge, ware skuld t.o.v. eie aandeel en gebalanseerde benutting van die energie van woede, kan met eerlike beoordeling en nuttige toepassing baie positief wees.

Volwassenes wat emosioneel mishandelde kinders was, het ‘n werklike problem om vrees, skuld en woede te hanteer. Hulle is rigtingloos in die lewe, hulle volwasse verhoudings word gekenmerk deur mishandeling; hulle het onverklaarbare fisieke simptome; hulle ervaar geestelike isolasie van alles.

Rigtingloos

Mense wat uitsonderlike emosionele mishandeling of emosionele verwaarlosing beleef het, het geleer dat hul aksies negatiewe gevolge het en as volwassenes sukkel hulle om besluite te neem en op te tree. Hulle is hoogs bevoegde mense wat onder die misverstand leef dat hulle bestem is om te misluk of dat sukses slegs deur perfeksionisme bereik kan word. Omdat perfektheid onmoontlik blyk te wees omdat selfs dit deur die oortreder afgekraak word, begin glo hulle, hul mislukking is verseker.

 



Verhoudings Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste