Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Invloed Van Emosionele Mishandeling

Category: Verhoudings

Date: 2014-04-28

Likes: 214

As jou mees fundamentele verhoudinge emosionele misbruik insluit, sal daardie misbruik jou pogings om gesonde, positiewe

Verhoudings  


As jou mees fundamentele verhoudinge emosionele misbruik insluit, sal daardie misbruik jou pogings om gesonde, positiewe verhoudings met jouself, ander en God, belemmer. Dit is egter moontlik om intimiteit in jou kernverhoudinge te herstel, deur begrip vir en aanvaarding van jou ware self.

Verhoudinge met ander is bedoel om ons ondersteuning, ‘n ervaring van behoort-aan en eenheid, geborgenheid, lewensvervulling en rustige saamwees, te bied. As daar mishandeling in ‘n verhouding is, word hierdie behoeftes nie vervul nie. Slagoffers van mishandeling het gewoonlik ‘n misvormde beeld van wat ‘n goeie verhouding is. Omdat ons geneig is om die bekende te soek, is dit nie vreemd dat vroeër mishandeling ons feitlik lei na ‘n huidige of toekomstige misbruik-verhouding nie. Die effek van mishandeling in ‘n verhouding kan wyer as net die betrokke verhouding strek en uitkring na familie, vriende en kollegas.

Verhouding met self

Hoe jy oor jouself voel, is die basis van jou verhouding met jouself. As jy goed voel, is jou verhouding met jouself ondersteunend en gebaseer op realistiese verwagtinge. As jy vals boodskappe a.g.v. mishandeling geglo het, is jou verhouding met jouself bederf deur selftwyfel, skuld en frustrasie – hierdie valsheid is geweldig skadelik. Jy kan nooit in jou alleen-tye in vrede met jouself wees nie.

Verhouding met lewensmaat

Misbruik in die gesin van oorsprong het sterk negatiewe invloed op verhoudinge binne jou huidige gesin sowel as jou kinders se toekomstige verhoudings. Een van die manifestasies van mishandeling is dat die slagoffer begeer om iemand te vind wat net soos die misbruiker in jou kinderjare is. Dit is nie logies nie, maar dit maak op emosionele vlak sin: verhoudinge kan onseker wees, iemand anders se optrede is onvoorspelbaar. As die misbruiker in die slagoffer se lewe van die teenoorgestelde geslag was, kan die slagoffer gevolglik kies om n soortgelyke huweliksmaat te hê, ter wille van die voorspelbaarheid en bekendheid (dit skep ‘n vals sin van sekuriteit) van die gedrag. Dit het ‘n volgende misbruik-verhouding tot gevolg.

Intimiteit beteken dat ‘n ander persoon in jou privaat wêreld deel kry. Alhoewel dit geassosieer word met fisieke nabyheid, is ware intimiteit ‘n emosionele band en ‘n diep verbintenis. Die slagoffer van mishandeling se vermoë om diep emosionele bande te smee, is versteur. Omdat misbruik gewoonlik binne ‘n naby-verhouding in die verlede plaasgevind het, benader die slagoffer enige intimiteit met agterdog en vrees. Wanneer ‘n verhouding wel ‘n kans gegee word, laat die slagoffer dit nie toe om dieper as die oppervlak te vorder nie, om die moontlikheid van seerkry te vermy; intimiteit is net eenvoudig nie die risiko werd nie. Die hart van die vermoë om intiem te verkeer is vertroue. Daar is nie ruimte om weg te kruip nie. As wantroue op seksuele terrein voorkom, spoel dit outomaties oor na ander areas van die verhouding.

‘n Verdere newe-effek van emosionele mishandeling, is perfeksionisme. Dit is ‘n obsessiewe behoefte om alles altyd perfek te doen. Dit kan by die perfeksionis geweldige woede, of apatiese ongeërgdheid ontketen as die standaard nie bereik word nie. Perfeksioniste plaas hulself permanent onder geweldige druk. As dinge nie presies op peil gebeur nie, beleef hulle groot ontevredenheid met hulleself en met ander. Enige iemand naby word betrek by die ramp. Die slagoffer se lewensmaat is die een wat die spit afbyt omdat hy/sy die slagoffer se seer wêreld betree.

Een van die mees algemene reaksies van emosionele misbruik, is hipersensitiwiteit. Die slagoffer is oorsensitief vir enige opmerking of aksie, wat moontlik as negatief geïnterpreteer kan word. Jy het geleer om dit te verwag. Jy soek die negatiewe en kry dit gewoonlik selfs in iets positiefs. Die reaksie by die slagoffer is gewoonlik totaal buite verhouding. Die woede wat uitgeleef word, is nie net teen die huidige situasie (veronderstelde situasie) nie, maar ook teen die seer van die verlede. Jou skuldgevoel is allesomvattend: “Wat hulle gesê het, was so waar, dit was jou hele lewe lank waar, hoekom sal jy dit nog wil ontken? Jy is sleg, jy is niks, hoekom weer probeer?”

Hierdie emosionele reaksies is ‘n absolute werklikheid vir die slagoffer. Die lewensmaat mag moontlik geen verwysingsraamwerk vir hierdie sterk reaksies hê nie en verstaan net so min as wat die slagoffer verstaan. Dit dra by tot spanning en verwarring binne verhoudinge.

Jou geestelike verhouding

God is die absolute hoër gesag. Die misbruiker in die slagoffer se lewe is gewoonlik ook iemand van hoër gesag – ‘n volwassene of man. Slagoffers ontwikkel dikwels ‘n natuurlike vrees vir enige vorm van gesag, insluitende geestelike gesag. Reaksie op hierdie vrees kan twee rigtings inneem: die slagoffer kan enige vorm van gesag verwerp, veral geestelik. Andersins kan die slagoffer totaal oprank teen ‘n volwasse gesag wat ekwivalent staan in vergelyking met die misbruiker.

As alle gesag verwerp word, kan die slagoffer baie moontlik godsdiens verwerp. Christelike geloof erken God as die hoogste gesag en die mens rig sy lewe in volgens God se wil. ‘n Rigiede, oorheersende verhouding met ‘n gesagsfiguur mag dit vir die slagoffer uiters moeilik maak om vrywillig onder God se gesag te staan.

Die teenoorgestelde is om juis ‘n geloofsgroep te soek wat ‘n baie streng, oorheersende rol in die deelnemers se lewens speel. Hierdie tipe kultusse het gewoonlik ‘n baie charismatiese sentrale figuur wat feitlik as ‘n god – of verteenwoordiger van God – geag word. Hierdie figuur trek diegene wat behoefte het aan ‘n gesagsfiguur wat vir hulle voorsê wat hull moet doen, dink en hoe hulle moet leef, hy/sy gee aan die ”onderdane” betekenis en sekuriteit in hul lewens.

Verhouding met kinders

Dit kan die moeilikste verhouding wees om te hanteer, omdat so baie van jouself as ouer in jou kinders opgesluit kan wees. As ouer kan jy onbewustelik onthou hoe jy as kind grootgeword het en kan jy maklik oorkompenseer vir die verlies wat jyself as kind ervaar het. Dit kan probleme in jou verhouding met jou kinders veroorsaak. In hierdie verhouding is dit maklik vir die slagoffer-ouer om self weer ‘n misbruiker te word – in herhaling van dieselfde patroon, of in die uitoefening van die teenoorgestelde uiterste.

Isolasie van ander

Die teenoorgestelde van ‘n verhouding, is isolasie, wat gewoonlik gebeur wanneer ‘n persoon onbevoeg voel om ‘n verhouding te hanteer. Dit mag lyk asof die persoon in depressie verval. In werklikheid onttrek die persoon hom-/haarself, om enige moontlikheid van verdere seerkry te vermy. Die slagoffer voel meer gemaklik, veilig en in beheer as hy/sy alleen is.

Vir stimulasie en ‘n gevoel van kontak, draai die slagoffer na aktiwiteite soos televisie, video-speletjies en die internet. Die televisie veral gee die slagoffer die geleentheid om veral deur dramas en sepies, vir jouself oor en oor te bewys dat menseverhoudinge net moeilikheid en seerkry inhou. Met rekenaarspeletjies kan die speler word wat hy wil en kan hy ‘n ander identiteit aanneem. Op die internet is enige iets aanvaarbaar. Jy kan al die inligting denkbaar kry, sonder om hoegenaamd met mense in kontak te kom.

Wanneer ‘n slagoffer van emosionele misbruik wel ‘n verhouding met iemand waag, is hulle baie versigtig. Hulle onttrek van tyd tot tyd in ‘n vermydingsaktiwiteit, veral wanneer hulle voel dinge raak te intiem. Uiteindelik is al hierdie aktiwiteite se kernbestanddeel, beheer – die televisie het ‘n afstandbeheer, video- en rekenaarspeletjies het beheersentrums, muis en toetsbord vir die rekenaar/sleutelbord waaraan sleutels gehang word. Almal kan afgeskakel en beheer word na willekeur.
Oordadig toegeeflikheid of passiwiteit.

Sommige slagoffers begeer ‘n verhouding ten alle koste. Hulle is bereid om die koste te betaal deur oordadig toegeeflik of passief te wees. Hulle vind verhouding waardevol, omdat dit aan hulleself bewys dat hulle ‘n verhouding met iemand anders waardig is, in weerwil teenoor wat mense jou in die verlede wysgemaak het. Hulle sal letterlik enige iets doen om die ander persoon tevrede te stel, net solank die persoon hulle liefhet. Hulle vrees dat wanneer hulle nee sê, dit die verlies van die maat se liefde tot gevolg gaan hê.

Oordadige toegeeflikheid kan nie baie lank volgehou word nie en die persoon gee oor aan passiwiteit. Passiewe mense hou hulle persoonlik grense geheim, uit vrees en emosionele misbruik verplaas en vernietig hierdie grense.

Tyd vir heling

Verhoudings is ‘n bousteen van gesonde lewe. Verhouding met self en veral met God. Lewenskwaliteit word verbeter deur gesonde verhoudings met ander mense. Genesing kan plaasvind wanneer die slagoffer begin om gesonde verhoudinge wat die drie basiese behoeftes (begrip, aanvaarding en bevestiging) ondersteun, met die self, met God en ander mense te soek.
 



Verhoudings Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste