Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Misdaad Onder Liefde Se Vaandel

Category: Verhoudings

Date: 2014-04-28

Likes: 276

Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v

Verhoudings  


Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet verander – volgens haar eie getuienis. Sy het ook nie meer ‘n wil van haar eie gehad nadat sy met Dirk Prinsloo deurmekaar geraak het nie. Volgens haar verdediging is sy deur Prinsloo gemanipuleer.

Sy en Prinsloo word aangekla daarvan dat hulle meisies tussen 11 en 14 jaar oud by ‘n plaaslike kinderhuis gaan haal het vir naweke. Gedurende hierdie kuiers het hulle dan die kinders onsedelik aangerand. Dirk Prinsloo het natuurlik die landuit gevlug.

Volgens “Barbie” het alles begin toe Dirk vir haar ‘n deurtrekker gekoop het, toe sy nog ‘n 24-jarige skaam maagd was. Sy het nog nooit ‘n deurtrekker gedra nie en het ook nie geweet wat is orale seks nie, maar Dirk het haar vinnig touwys gemaak. Sy het ook in die hof getuig dat sy ‘n Christen is, maar Dirk is ‘n ateis en het nooit haar Christenskap gerespekteer nie. Hy het haar gedwing om in ‘n kapel seks te hê en om God te vloek.

Sy het álles gedoen om Dirk tevrede te stel. Sy het elke aand vir hom kos gekook, maar syself het van proteïenskommels en vitamienpille gelewe, want hy kon nie vet of selluliet verdra nie.

Sy het deur die strate van Pretoria en Johannesburg gery op soek na prostitute wat in sy smaak sou val, haar borste twee keer laat vergroot en opgehou as advokaat praktiseer omdat hy nie gedink het dis die regte beroep vir haar nie. Sy het op verskeie plekke op haar lyf tatoeëermerke laat aanbring, vir hom.

In die hof is sy meer as een keer gevra hoekom het sy, ‘n intelligente vrou met twee regsgrade (wat sy met lof verwerf het), nie die verhouding met Prinsloo verbreek nie.

Haar sagte antwoord: “Dit was vir my verskriklik belangrik om hom te please. Dit het ‘n obsessie geraak. Hy het my op die hande gedra en met geskenke toegegooi. Hy het gesê ek moet ‘n internasionale model word.”

Ek wil-wil vra, “Van watter planeet af kom jy, Barbie-girl?”

Die klagtes teen Barbie en Prinsloo sal enige normale mens tot naarheid dryf. Die eerste reaksie is dat hulle haar moet toesluit en die sleutel weggooi en dat mens hoop die geharde vrouemisdadigers doen met haar wat sy en Prinsloo met hierdie kinders gedoen het., maar ek weet sy is nie die enigste een wat al so ernstig die pad byster geraak het as gevolg van haar sogenaamde liefde vir ‘n man nie.

Krap mens bietjie in ons land se misdaadgeskiedenis, is daar ‘n hele paar ander gevalle waar vrouens nie geskroom het om misdaad te pleeg om die man in hul lewe te behaag nie, of vir hulself te kry nie.

‘n Mens kan amper nie glo dis reeds amper 20 jaar gelede wat Gert van Rooyen en Joey Haarhoff selfmoord gepleeg het, nadat hulle verbind is met die verdwyning van 6 meisies tussen die tydperk 1988 en 1990.

Hulle het na bewering vir Joan Horn (13), Odette Boucher (11), Anne-Mari Wapenaar (12), Yolande Wessels (12), Fiona Harvey (12) en Tracy-Lee Scott-Crossley (14) ontvoer en vermoedelik vermoor. Die geheim van wat van hierdie kinders geword het, is saam met Van Rooyen en Haarhoff graf toe.

Van Rooyen is in 1954 verbeteringskool toe gestuur vir geweer- en motordiefstal. In 1960 kry hy tronkstraf vir die diefstal van motoronderdele en klere.

Later trou hy en werk in boukonstrukise saam met sy broers. In 1979 ontvoer hy twee meisies van 10 en 13 jaar, neem hulle na Hartbeespoortdam, waar hy hulle slaan, dwing om kaal uit te trek en seksuele dade uit te voer. Hy laat egter die kinders die volgende dag vry en word gearresteer en tronk toe gestuur vir vier jaar, maar word na drie jaar vrygelaat.

In September 1983 skei hy van sy vrou en in 1988 begin hy met Joey Haarhoff uitgaan.

Op 1 Augustus 1988 verdwyn 14-jarige Tracy-Lee Scott-Crossley van Randburg. Sy word laaste gesien waar sy in ‘n VW kewer klim, by die Cresta winkelsentrum.

Op 22 Desember 1988 verdwyn die 12-jarige Fiona Harvey van Pietermaritzburg. ‘n Wit Ford Bantam bakkie met ‘n advertensie van Van Rooyen se boukontrakteur maatskappy sal hom later verbind met hierdie verdwyning.

Op 7 Junie 1989 verdwyn die 12-jarige Joan Horn van Pretoria.

In Julie 1989 verdwyn die 9-jarige Rosa Piel van Alberton.

Op 22 September 1989 verdwyn 11-jarige Odette Boucher van Kempton Park, saam met die 12-jarige Anne-Mari Wapenaar, ook van Kempton Park.

Op 3 November 1989 verdwyn die 13-jarige, Yolanda Wessels, ‘n niggie van Joey Haarhoff!

Dit blyk dat Van Rooyen vir Haarhoff gebruik het om hierdie meisies vir hom te kry. Kinderhuise het later ook rapporteer dat sy hulle geskakel het en versoek het om meisies vir naweke en vakansies te kon uitneem. Teen die einde van 1989 het daar dan ook ‘n 14-jarige meisie van ‘n kinderhuis in die Vrystaat die Kersvakansie by die paartjie deurgebring.

Op 11 Januarie 1990 ontvoer Joey Haarhoff die 16-jarige Joan Booysen by Kerkplein, Pretoria. Sy neem haar na Van Rooyen se huis in Malherbe Straat, Capital Park. Hier word sy geboei, verdoof en seksueel aangerand voordat sy in ‘n kas toegesluit word. Joan Booysen was klein vir haar ouderdom en vermoedelik het die paartjie gedink sy is heelwat jonger en het haar onderskat.

Sy kry dit reg om te ontsnap en polisie toe te gaan. Vir vier dae lank hou die polisie die huis dop en identifiseer uiteindelik vir Van Rooyen toe hy verby die huis ry in die wit Bantam bakkie wat toe reeds verbind is met een van die vorige ontvoerings. Voor die polisie die paartjie egter in hegtenis kan neem, skiet Van Rooyen eers vir Haarhoff en daarna homself dood, met ‘n swaarkaliber rewolwer.

Behalwe Rosa en Tracy-Lee, is al die ander meisies met forensiese bewyse aan Haarhoff en Van Rooyen gekoppel. Odette Boucher se huisadres en telefoonnommer was op ‘n stukkie papier geskryf en weggesteek onder ‘n mat in die garage. Haar klaskapteinbalkie en geel LO-sak, asook Anne-Mari Wapenaar se adres en huissleutels is ook in die huis gekry. Geeneen van die slagoffers is ooit gevind nie.

In 1996 het Absa Bank Van Rooyen se huis aan die polisie geskenk en op 13 Mei 1996 het die polise die huis stukkie vir stukkie afgebreek op soek na enige leidrade oor wat met die meisies gebeur het. Selfs die tuingrond is met ‘n sif deurgewerk, sonder enige sukses.

Daar was verskeie gerugte na die tyd. Die vermiste meisies was byvoorbeeld almal blond met blou oë. Geen spoor is ooit weer van hierdie kinders gevind nie, so dalk is hulle landuit geneem. Dit is ook nooit bo enige twyfel bewys dat die twee verdagtes wel dood is, soos wat berig is nie. Sommige mense vermoed die waarheid lyk heel anders.

Ongeag enige spekulasie, bly die feit staan dat Joey Haarhoff, ‘n aantreklike ma van drie, hierdie kinders gelok en na Van Rooyen se blyplek ontvoer het. Sy het na bewering ‘n blonde pruik as vermomming gedra. Joey is deur ‘n vriend beskryf as ‘n baie aantreklike vrou wat maklik enige man sou kon kry wat sy wou hê.

Vriende en familie het gedink dis vreemd dat sy die kort, bleswordende, boepens en veel ouer Gert van Rooyen gekies het. Hulle het vertel sy was ‘n intelligente, hardwerkende vrou wat haar drie kinders alleen grootgemaak het na haar man se dood in die vroeë 80′s. Haar seuns het egter vertel dat haar persoonlikheid drasties verander het nadat sy met Van Rooyen deurmekaar geraak het.

Een seun het gesê; “Nadat sy hom ontmoet het, het sy so mak soos ‘n lammetjie geword. Sy was vreeslik verlief op hom. Ek dink hy het haar getoor.”

Dan wil ek net kortliks ook verwys na Marlene Lehnberg, meer algemeen bekend as Die Sker Moordenares. Sy was maar 18 jaar oud in 1974, toe sy en haar huurmoordenaar, Marthinus Choegoe, vir Susanna Magdalena van der Linde met ‘n sker doodgesteek het. Susanna was die vrou van Marlene se 47-jarige minnaar, Christiaan van der Linde. Lehnberg was op 19 die jongste vrou ooit in Suid-Afrika se geskiedenis, wat aan moord skuldig bevind is. Sy en Choegoe het albei die doodsvonnis gekry, maar dis later tersyde gestel. Sy het 11 jaar van haar 20 jaar vonnis uitgedien, voor sy op parool vrygelaat is.

Sy was ‘n intelligente, aantreklike, 17-jarige meisie toe sy verlief geraak het op die 47-jarige Christiaan van der Linde. Sy het ‘n streng opvoeding gehad en het akademies baie goed presteer en gereeld eerste in haar klas gestaan. Sy was jonk en onervare toe Van der Linde in haar lewe gekom het. Hulle het vir meer as ‘n jaar ‘n affair gehad voordat sy vrou in November 1974 deur haar en Choegoe vermoor is.

In Maart 1975 is altwee ter dood veroordeel, maar in Julie 1975 is die vonnisse verander na 20 jaar vir haar en 15 jaar vir Choegoe. Choegoe is in Junie 1986 vrygelaat en Marlene in Desember daardie jaar. Daar was fluisteringe dat Van der Linde vir Marlene aangemoedig het om sy vrou uit die weg te ruim, dan sou hy met haar trou, maar geen konkrete bewyse kon ooit hiervoor gevind word nie.

Dit is ook tydens hierdie verhoor, wat die “Marlene Lehnberg klousule” uitgevaardig is in Suid-Afrikaanse reg. Die wet verhoed gevonnisde misdadigers om wins te maak uit hul misdade, deur byvoorbeeld hul stories aan die pers te verkoop.

As mens net hierdie 3 gevalle bestudeer – en ek is seker daar is nog vele meer in ander lande se misdaadgeskiedenis – dan kom jy tot die ontstellende gevolgtrekking dat al drie hierdie vrouens aantreklike, intelligente vrouens was / is.

Wat veroorsaak dat sulke vrouens, wat op die oog af sou kon kies en keur onder die manlike geslag, op hierdie tipe mans verlief raak, tot so ‘n mate dat hulle obsessief raak en misdade pleeg, wat hulle andersins nooit eers oorweging aan sou geskenk het nie?

Watter soort liefde verander ‘n intelligente mooi vrou in ‘n misdadiger, ‘n kindermolesteerder, ‘n moordenaar? Dis amper soos ‘n dwelm – hulle het geweet hulle is op die pad na vernietiging, maar hulle kon net nie die streep trek en wegloop nie.

En hoe herken ‘n vrou so ‘n man en loop wye draaie om hom? Sal dit help om te sê – as jy hier lees en jy herken jou eie situasie – hardloop so vinnig soos jy kan en moenie omkyk nie!!!




Verhoudings Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste