Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Die Klein Jakkalsies

Category: Verhoudings

Date: 2014-11-01

Likes: 281

Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i

Verhoudings  


Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?

Dit is ook die klein jakkalsies, die klein dingetjies, wat amper ALLES in ons lewe beinvloed en 'n mens kan baie leer deur daarna op te let want 'n mens sowel as ander se werklike gevoel word sigbaar deur die klein dingetjies.

Om 'n kind te bederf met speelgoed en hom/haar altyd sy/haar sin te gee se niks en is meestal eintlik 'n jakkalsie wat die kind se persoonlikheid verniel want dit maak van hom/haar 'n bedorwe brokkie in plaas van 'n goed gebalanseerde kind en later volwassene wat in staat sal wees om die uitdagings van die lewe te trotseer.

Om 'n mens blind te staar teen mooi woordjies of beloftes wat niks beteken nie omdat die DAAD, die klein dingetjies daaragter, ontbreek, is dwaas want dit vernietig nie net 'n mens se persoonlikheid en menswees nie, maar ook die ander persoon want dit dien as aanmoediging om aan te hou met die valsheid.

Daar is so baie klein dingetjies dat mens dit amper nie eens werklik kan beskryf of opsom nie maar daarin le ook juis die probleem want dit is so klein en so baie, dat dit maklik is om te ignoreer tot dit te laat is en die wingerd vernietig is.

Die klein dingetjies le in wat mens dink, se en doen.

Dit le in hoeveel mens aan iemand dink of nie en wat, in hoeveel jy omgee vir iemand of nie, in hoeveel jy jou gevoel en liefde bewys deur daardie klein dingetjies wat op die ou end die getuigskrif is van nie net jou gevoel nie, maar ook jou lewe want deur ons dade en veral die KLEIN daadjies en dinge, skryf ons ons lewensboek.

Meer as 20 jaar gelede het my oorlede ma vir my gesê as mens die kleine (sente) nie eer nie, is jy die grote nie werd nie en dieselfde geld vir nie net finansies nie maar ook mens se lewe waar dit die klein dingetjies is wat op die ou end bepaal wie en wat jy is. (Dit het my terloops tot nou gekos om die waarheid van my ma se woorde (sover dit finansies aangaan) te leer.)

Om 'n verhouding, 'n huwelik, te kan beoordeel moet mens na die klein dingetjies kyk, die alledaagse, want groot dinge is 'n nuwe hoofstuk maar die klein dingetjies is die ink waarmee alles geskryf word en lieg nooit.

M Ô R E

My naam is môre, en moontlik nog steeds binne jou bereik
Net soos die môre's voor my, wat reeds in vergetelheid wegsink.
Nou is ek nog die "môre", maagdelik skoon en onaangeraak,
maar aanstons word ek "vandag", joune, om te bou, maak of breek.
Bitter kort dan word ek die "gister" en dra tot in ewigheid,
die merke van jou doen en late oor die volle tydsbestek.

Eendag sal ook ek ontmoet, al die gisters van jou lewenpad,
dan sal ook ons kan weet, wie en wat jy werklik is en was.
Ongevraag sal dit dan ons onverdiende lot moet wees,
om teen jou te getuig, of dalk namens jou te pleit.
Voor die regstoel van die allerhoogste, eendag, dalk vandag,
want wegvlug kan ons nie, onmoontlik, want die vandag en gister’s,
alles saam is JY.

Kry dus aan jou kant, al my broers en susters wat op jou wag.
Want weldra sal ook ek die laaste een ontmoet,
in wie ek ‘n hegte bondgenoodskap sal kan vind,
of 'n bittere opponent.

Ag hoe bid en pleit ek nie, dat tog ek ook mooi en goed sal wees.
Want ongelooflik soos dit klink, is dit vir ewig neergeskryf,
dat God's genade bly tot die laaste dag,
wat moontlik tog net ek mag wees.



Verhoudings Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste