Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Psigopate In Die Samelewing

Category: Verhoudings

Date: 2014-04-28

Likes: 274

Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass

Verhoudings  


Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as 'n psigopaat te klassifiseer nie maar wel om 'n moontlike psigopaat te herken en probleme en omstandighede dienooreenkomstig te "hanteer".

Meeste psigopate is nie die reeksmoordenaars en bose karakters as wat hulle in rolprente uitgebeeld word nie en kan 'n dominee, politikus, maatskappy direkteur of gerespekteerde persoon in die samelewing wees. Trouens baie kenmerke van 'n presteerder soos 'n sterk persoonlikheid, bo-gemiddelde intelligensie en daardie "wow wat 'n man / vrou" is ook die kenmerke van 'n psigopaat.

(Volgens navorsing is ook baie min psigopate amptelik geklassifiseer as psigopate of in die tronk of inrigtings en MY mening is dat psigopate nie eintlik krimineel optree nie TENSY hy/sy gedwarsboom of teengestaan word. Daar is 'n gesegde dat 'n man se ware karakter nie ontbloot word in sukses nie, maar in mislukking en die meeste kenmerke van 'n psigopaat (en werklike presteerder) maak hulle suksesvol in wat hulle doen maar 'n presteerder sal teengestaan kan word en val en soos 'n man sy eie foute erken en opstaan terwyl 'n psigopaat in so 'n geval almal behalwe homself sal blameer en met woede reageer.)

Op die oog af is psigopate eintlik selfs so effentjies (uit menslike oogpunt) "beter" en sterker as presteerders want deur hulle gebrek aan empatie en abnormale dunk van hulself waar hulle nooit verkeerd kan wees nie, maak hulle meester manipuleerders en hulle het geen probleem daarmee om die werklikheid en waarheid te verdraai om hulle te pas nie ongeag die skade wat dit aan enigiemand doen terwyl presteerders dit nie so maklik kan doen nie maar hulle op die beurt sterker en beter as psigopate is uit geestelike oogpunt. (Omgee, regverdigheid, vrede, barmhartigheid....)

Uit bogemelde klink die nogal moeilik om die kaf van die koring te skei maar as mens eers die belangrikste kenmerke van 'n psigopaat verstaan wat hulle ONDERSKEI van presteerders dan is dit nie so moeilik nie.

- Gewoonlik bo-gemiddeld intelligent, sterk selfvertroue, sjarmant, innemend en doeltreffend en op die oog af perfek. (Dit pas ook presteerders)

Die kenmerke van 'n psigopaat wat presteerders egter nie het nie is;

- Gebrek aan empatie en verstaan nie die leed wat hulle iemand aandoen nie.
- Aanvaar nie verantwoordelikheid vir hulle foute nie en blameer altyd ander daarvoor.
- Swak selfbeheersing en woedeuitbarstings as dinge nie na hulle sin verloop nie.
- Hulle takel lewensmaats en enigiemand wat teen hulle staan emosioneel af.
- Hulle is giftige mense wat teenstanders teenoor ander slegse en afbreek.

Omdat psigopate meester verkleurmannetjies is, 'n Dr Jackyl and Hyde met twee persoonlikhede, kan mens nie maklik deur die skyn van normaliteit sien nie maar SODRA jy dit WAAG om 'n psigopaat "aan te vat" deur hom te kritiseer en op sy foute te wys sal die swak selfbeheersing, woedebuie, aftakeling, slegse en afbreek, ander altyd blameer en nie 'n hel omgee hoe seer hy JOU maak nie, sommer baie gou te voorskyn kom.

In die geval waar jyself nie direk in 'n situasie is nie maar die kaf van die koring moet skei oor wie om te glo kan onthou word dat 'n normale mens

- ander betrokkenes in ag neem sal neem
- bereid sal wees om oplossings te soek wat almal (of meeste) tevrede sal stel
- ander mense nie afbreek en afkraak teenoor almal nie
- die vermoë het om foute te erken en bereid te wees om dit reg te stel

terwyl iemand wie se koppie raas

- net hom/haarself in ag sal neem en nie worry oor enigiemand anders nie
- nie bereid sal wees om enige oplossing te soek of te aanvaar wat hom/haar nie 100% pas nie
- altyd enigiemand wat "teen" hom/haar staan by almal afbreek en afkraak.
- nooit verkeerd kan wees of foute maak nie en altyd almal behalwe homself blameer

As dit uit bogemelde duidelik is "wie" die sondebok in 'n saak is, sal dit baie help om sulke inligting aan alle betrokkenes te kommunikeer sodat almal vir hulself kan sien wat is wat en dienooreenkomstig in belang van die betrokke partye optree.

Naskrif

Ekself het al soms gewonder of ek een is noudat ek teen so iemand staan en dit BEWYS juis so iemand se briljante manipulasie vermoë, hoe hy die werklikheid en waarheid kan verdraai en sy gemors op ander (onder andere op my) kan projekteer.

Dit is dan ook juis 'n goeie toets want ek glo dat, as iemand bereid is om selfondersoek te doen en oor sy eie optrede en alles nadink om "fout" te soek, dit juis grootliks "bewys" dat hy/sy nie psigopatiese probleme het nie want 'n psigopaat KAN NIE enigiets verkeerd met sy eie optrede sien nie en kan nooit verkeerd wees nie.

(Ek het erens gelees werklike psigopate is die enigste wat leuenverklikker toetse soms kan klop want hulle maak hulself iets wys en GLO dit in so 'n mate dat die leuenverklikker toets nie die leuen kan uitwys nie. Ons almal "weet" wit is wit, maar as 'n psigopaat eenvoudig net glo with is swart en die toets vraag is watter kleur is dit en hy se swart, dan is daar geen stemmetjie binne in (gewete of iets) wat hom weerspreek nie en dit IS swart en die leuenverklikker toets vang dus geen interne konflik tussen brein, gewete en wat ookal op nie)



Verhoudings Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste