Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Geleenthede vir Afrika

Category: Advies

Date: 2016-10-05

Likes: 293

Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water

Advies  


Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water elders heen verskuif of versamel het.

Net so met geleenthede want daar sal altyd geleenthede wees vir die wat wil maar dit skuif rond en ONS moet daarby aanpas of daaragter aantrek en nie andersom nie.

Tans en seker regdeur die geskiedenis, was en is daar 'n werksdroogte want werk is 'n stroompie wat water aan teveel mense moet verskaf maar die oorgrote meerderheid mense sit en krepeer en wag en bid vir 'n druppeltjie water in plaas van om agter die water wat wel erens is aan te trek.

'n Stroompie verteenwoordig nie al die water in die wereld nie en net so verteenwoordig werk nie al die geleenthede wat beskikbaar is nie. Trouens, al die "werke / jobs" in die wereld is daar omdat IEMAND 'n geleentheid raakgesien en dit benut het om geld te maak en werk te skep.

Selfs nie eens God sal vir enigiemand werk gee nie want hy het REEDS meer as genoeg geleenthede (water) vir ons gegee. Soek en jy sal vind.

God gee wel vir elke voeltjie kos maar elke voeltjie moet uitgaan en self soek en kry wat reeds daar is en dieselfde geld vir ons elkeen want geloof sonder die daad is nutteloos.

In die 10+ jaar wat ek al vir myself werk het ek al 'n magdom geleenthede rondom my gesien maar wat die hel uit my frustreer is dat BAIE daarvan vir MY as dowe persoon 'n bietjie baie moeiliker is om te benut omdat die wereld uit kommunikasie bestaan en kommunikasie my gestremdheid is, terwyl daar honderduisende en selfs miljoene mense is wat dit baie beter en makliker as ek kan benut maar .....

Hulle geloof is onderstebo want hulle bid maar DOEN nie, hulle twyfel in plaas van vertrou, hulle veralgemeen en veroordeel en is negatief en bevraagteken alles insluitend hulself en hulle eie vermoe en blameer dan die stroompie wat opgedroog het en ander mense omdat hulle niks daaraan doen en die stroompie aanvul nie.

As ek nou vir jou R10 miljoen se produkte GEE met een voorwaarde en dit is dat NET vreemdelinge dit mag verkoop, dan sal jy baie gou agterkom hoe ongelowig, twyfelagtig en plain "nutteloos" mense regtig is as jy orals die geleentheid adverteer vir iemand om namens jou die produkte te verkoop sodat julle albei die produkte in kontant kan omskep.

Selfs al bied jy 50% van die inkomste aan en dus potensiele geleentheid om R5 miljoen rand te verdien, sal jy soos ek na 10 jaar ook sien dat mense die geleenthede ignoreer en eerder WERK soek. Dit druis in teen Godsgegewe verstand dat iemand eerder maande in en jare uit sal sit en wag en wag vir die moontlikheid om 'n "werkie" te kry in plaas van geleenthede wat reg voor hulle neus is te benut en vir hulself te werk.

Ek herhaal geleenthede om inkomste te verdien is daar oorgenoeg selfs al droog die werkstroompie op maar dit hang van elke persoon individuel en as mens af wat hy met sy Godsgegewe verstand, geloof, talente en vermoe gemaak het en elke dag vorentoe gaan maak.



Advies Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste