Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Die werksfonteintjie

Category: Advies

Date: 2016-10-05

Likes: 14

Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras

Advies  


Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras met die dorre verlatenheid sover die oog kan sien. Of 'n reisiger nou groente nodig het of nie, feitlik sonder uitsondering het die een na die ander moee reisiger daar gestop, so bietjie onder die koelteboom gaan sit en gesels en weer die pad gevat, groente onder die arm of 'n glimlag op die gesig.

Vir die mense naby hom was die grysbaard 'n legende, die voorsiener van hulle groente en vertroosting gedurende die jare van dorste en teistering.

Op 'n helder lente oggend het die nuus soos 'n veldbrand versprei, die grysbaard was weg en die hangmatte met groente leeg behalwe vir hier en daar 'n blaar of verlepte skil.

Van heinde en ver het mense gekom om te help soek en tot hulle verstomming 'n klein fonteintjie oor die bult ontdek.

In 'n rowwe handskrif is die woorde op 'n bordjie uitgekerf. "Die Werksfonteintjie"

Die dae het maande geword en later jare.

Dikwels het reisigers verbygegaan en gewonder wat van die grysbaard geword het. Die boom het verdor en die mense het honger gely en menig sug van verlange na die grysbaard, sy groente en sy geselskap in die koelte het opgegaan.

Dinge het al hoe slegter en slegter gegaan en uit desperaatheid het die mense boodskappers na alle windrigtings uitgestuur om almal na 'n volksberaad te nooi.

Die volksberaad was in volle gang, in hewige debat en oor en weer gesprek toe grysbaard tot almal se verstomming te voorskyn kom, op 'n skotskar klim en almal toespreek.

"Vir baie jare het ek julle gehelp, gevoed, geleer en 'n werksfonteintjie nagelaat sodat julle in my voetspore kan volg, iemand die werk oorneem om die boom van water te voorsien, elkeen van julle uit die waterfonteintjie kan skep en julle eie tuintjies plant, julself voed en julle kinders leer om dieselfe te doen"

Kopskuddend kyk die ou grysbaard stadig oor die plein voor hy vervolg.

"Maar helaas, soos skape het julle gesit en wag vir die herder, gewag dat ek die groente verskaf, die werk moet doen, alles doen wat julle veronderstel is om self te doen, want die lewe skuld niks en niemand enigiets nie en elkeen is verantwoordelik vir sy eie lewe en indirek sy naaste en daarom dan dat daar ook geskrywe is. Hy wat vir sy naaste nie sorg nie, veral sy huisgenote, is slegter as 'n ongelowige"

"Die werksfonteintjie is daar vir almal maar dit was ek, 'n ou man, wat hom gebruik het deur self te werk en ryk te word uit ander mense se luiheid, se twyfel, se weet nie hoe nie. Daardie fonteintjie is nog daar en sal ook altyd daar wees vir die wat daarvan gebruik WIL maak en die daad by die geloof voeg en hierdie volksberaad is nutteloos en doelloos daarsonder"



Advies Kategorie

http://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
http://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
http://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
http://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
http://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
http://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
http://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
http://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
http://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
http://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
http://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
http://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
http://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
http://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
http://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
http://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
http://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
http://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
http://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
http://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
http://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
http://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
http://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste
http://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
http://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
http://www.coetzee.biz/information/202/n-uitdaging-aan-elke-vrou
Hierdie is uitdaging aan elke vrou op hierdie blad om so eerlik en reguit as moontlik te reageer op die
http://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
http://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
http://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
http://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v