Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

n Storie met 'n vriendelike versoek

Category: Inligting

Date: 2016-10-05

Likes: 367

Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,

Inligting  


Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.

Toe 'n skraal, stil mannetjie vir die pos aansoek doen wil die boer weet wat hy alles kan doen maar al antwoord wat hy gekry het was "Ek kan slaap as die winde waai".

"Ek kan slaap as die wind waai."

Die boer kon nie verstaan nie maar was so desperaat om hulp te kry dat hy hom in diens geneem het.

Die skraal mannetjie het baie goed gewerk en die boer was uiters tevrede met sy vreemde werknemer se werk.

Een nag word die boer wakker van 'n geweldige wind wat woedend alles uitmekaar wil ruk en hardloop na die plaaswerker om hom wakker te maak sodat hulle alles kan reg en vasmaak voor die wind op volle sterkte waai.

Die boer klop en skree en hammer tevergeefs en besluit woedend om die hopelose gemors die volgende dag weg te jaag en haas hom om te red wat te redde is.

Tot sy verbasing vind hy dat al die hooimiedens stewig met seil toe gemaak is, die skape heel beskut in die skuur gejaag en die hoenders is veilig toegesluit is agter gegrendelde deure. Alles was vasgemaak en niks kon wegwaai nie.

Toe besef die boer wat sy vreemde werker bedoel het met. "Ek kan slaap as die winde waai"

Hoeveel mense het nog daardie eienskap vandag? Nie noodwendig trots in sy/haar werk of wat hy/sy doen nie, maar 'n dieper trots in homself wat feitlik noodwendig en outomaties weerspieel in sy werk en dit wat hy doen.

As iemand wat self so is, self leer, self doen en dit wat ek doen na die beste van my vermoe doen, verstaan ek ook dat hierdie man dit beslis nie vir die boer gedoen het nie maar vir homself en die eiewaarde en kwaliteit wat hy aan homself heg.

Ek het al dinge vermag en gedoen wat nie juis baie mense my sal kan nadoen nie, teen gegradueerde mense, banke en groot ondernemings gestaan en gewen en bied baie meer as wat meeste mededingers sal kan doen, tog is daar een probleem en dit is dat ek 'n 100% dowe persoon is in 'n horende wereld waar alles rondom kommunikasie draai en mense eerder wil bel en hulle ore uitleen aan iemand wat bloot geld uit hulle wil maak as om self te kyk, te dink en te doen.

Geld, geld, geld en swak diens, dinge so gou as moontlik doen om so veel geld as moontlik te maak, is vandag die norm en mense en besighede is so GEWOOND daaraan dat dit hulle nie eens meer pla nie en mense soos die plaaswerker en ek wat nie bereid is om ons integriteit in te boet vir geld nie, sukkel en sukkel.

Met dit wil ek vra, as jy dalk iemand ken wat mag belangstel in kwaliteit web hosting waar probleme en gesukkel eerder die uitsondering as die reel is, kan jy hierdie aan hom of haar aanstuur asseblief? Ek bied al 10 jaar lank web hosting aan en dit se baie dat heelwat van my kliente na al die jare nog steeds by my is, onder andere kerke, 'n uitgewer en selfs 'n "ANC Elite" familie maar met my gehoorgestremdheid en kommunikasie loop ek my feitlik orals teen 'n muur vas met bemarking.

Mondelingse, persoon tot persoon, bemarking bly maar die beste maar soos te verstane is dit nie vir MY nogal 'n probleem.



Inligting Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die