Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Doen Om Te Verstaan

Category: Advies

Date: 2015-04-18

Likes: 355

(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my

Advies  


(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my gunsteling is hehe)

Baie dankie vir jou belangstelling

As ek so bietjie voorbarig mag wees, wil ek so bietjie positiewe kritiek verskaf as jy nie omgee nie so gaan sit bietjie en dink mooi oor die volgende.

  • - Ek is DOOF, ja 100% gehoorgestremd en met net matriek, tog werk ek al 10+ jaar vir myself en het al dinge gedoen wat min horende mense my kan nadoen,
  • - Daar is seker honderd duisende horende mense in SA, baie seker met selfs universiteitsgrade wat sonder werk sit, wag en wag om werk te kry en of hulle neus optrek vir hulself WERK, of bloot net nie weet of verstaan hoe nie.

Alles wat ek al gedoen of geleer het of weet, het ek myself geleer, self gedoen deur bloot te begin al is dit programering, waarvan ‘n gekwalifiseerde programmeerder gese het min mense kan doen.

Tog, in 98% van die gevalle waar mense belangstel om vir hulself te werk of in wat ek doen of so aan, sien ek dat hulle vra hoe dit, hoe dat en wat en en en en.

Is dit nie dalk die rede hoekom so baie van hulle sonder inkomste sit nie? Die geleenthede is daar, glo my, maar meeste horendes lyk my het verleer om hulle gesonde verstand te gebruik, maak staat op hulle ore om te vra en vra in plaas van vir hulself te kyk, te dink, te leer, te doen.

As dowe persoon het ek nog nooit selfs net EEN persoon gehad vir wie ek iets kan vra nie maar dit het my gewoond gemaak om vir myself te dink, uit te vind, te doen.

Oor die 10 jaar het ek al so baie geleer, so baie getoets en met trial and error ondervinding gekry dat dit onmoontlik is om alles per email te stuur, op ‘n website te sit, maar tog het ek baie, baie, baie daarvan op die twee websites, www.saweb.info
en www.saweb.biz
gesit die afgelope tyd, juis om vir mense soos jy te help, dit makliker te maak, saam te werk, te ondersteun.

Die hele facebook page en alles is propvol links na bogemelde twee websites en daar is ook baie inligting sover op die fb page (Ek het eers onlangs begin daarmee), maar dit is blykbaar te veel moeite om vir ‘n mens se EIE TOEKOMS, kennis en voordeel, bietjie tyd te spandeer en inligting wat daar is te lees.

Ek baklei glad nie, ek se net soos ek dit sien en dit is dalk JUIS daarom dat ek al 10 jaar vir myself werk, en min mense dit kan doen, horend of te nie.

Ten slotte, een van die belangrikste redes hoekom ek nie maar net oor en oor vrae beantwoord en so aan nie is die waarheid van.

Geloof sonder die daad is nutteloos en al lees iemand ook alles onder die son wat ek skryf, of al die boeke op aarde oor ‘Werk vir jouself”, maar volvoer nie sy geloof in daad nie, help dit nie.

Ek en 1000’e ander mense kan hoeveel inligting vir jou voer oor 1000’e verskillende geleenthede, maar op die ou end is daar net een realiteit, een geleentheid, DIT WAT JY VIR JOUSELF SKEP DEUR DAAD.

Die werklikheid en waarheid, is dat jy heelwat geld hierdeur kan verdien, of NIKS, want dit hang af van jou en niks en niemand anders nie. (Dieselfde geld vir feitlik enige ander geleentheid)

Met dit gese, dink jy regtig ek kan gaan sit en dag na dag vermors deur mense met ‘n lepel te voer as hulle nie eens self probeer nie, uitvind en leer nie?

Vir die wat wil, wat leer maar nog hulp en ondersteuning nodig het, vir sulkes sal ek altyd, altyd daar wees want dit is die storie van my lewe.

Ek hoop van harte dat bogemelde in die goeie en positiewe gees gelees word waarin die geskryf is, want ek het ook al geleer mense is te geneig om net na die negatiewe op te let hehe.

Groete

Frank Coetzee
072 9555 298 (SMS Only)
SA Internet News Group cc



Advies Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste