Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Deel 1 - Bemark en Verdien Geld

Category: Verdien Geld

Date: 2016-09-13

Likes: 299

Download verdien-geld.pdf. Deel 1 - Bemark en Verdien Geld. Ongeag of jy van die huis af wil werk en alreeds ‘n besigheid het en jou inkomste wil opstoot of

Verdien Geld  


Download verdien-geld.pdf

Deel 1 - Bemark en Verdien Geld

Ongeag of jy van die huis af wil werk en alreeds ‘n besigheid het en jou inkomste wil opstoot of bloot net jou kennis wil verbreed, bied hierdie blad waardevolle inligting met die fokus op bemarking as metode om geld te verdien of inkomste te vermeerder.

Die hoe om inkomste online te verdien word in Deel 2 behandel maar dit is belangrik dat hierdie deel eers gelees word want sonder Deel 1 (Bemarking) help Deel 2 (Geld verdien) amper geheel en al niks.

Ondervinding is die waardevolste ding in die wereld, mits ons bereid is om dit tweedehands te aanvaar

As gehoorgestremde persoon wat reeds meer as 10 jaar van die huis af vir myself werk op die internet het ek oor die jare BAIE geleer van baie verskillende dinge en dit is hierdie ervaring, inligting en kennis wat ek nou hier deel. 

Wat ek oor die jare egter al baie gesien en ervaar het, is dat dit in 'n groot mate NIE omstandighede, ander mense en dinge, scams en geleenthede en en en is wat die grootste probleem is nie, maar die mense self, hulle eie koppe, mind, houding en gesindheid.

"A pessimist is one who makes difficulties of his opportunities; an optimist is one who makes opportunities of his difficulties."

Grote genugtig tog. As ek as DOWE persoon, al 10 jaar lank vir myself online kan werk en in 'n stadium vir drie families gesorg het hoeveel te meer kan 'n normale horende persoon nie vermag nie?

Oor die baie jare het EK myself geleer, met trial en error, finansiele onkoste en verliese en soms tot 18 ure per dag se werk en werk maar as ek dan alles op 'n skinkbord aan 'n normale horende mens bied, kom hy/sy met negatiewe twak soos "Ek weet nie hoe nie. Hoe doen 'n mens dit. Ek het nie tyd of geld of of of nie of my omstandighede is moeilik"

Of so iemand, net soos honderd duisende ander, het NOU geld nodig en soek kitsryk skemas of wil vir 'n baas werk en sit maande en jare later nog en wag, en wag en bid.

Feit van die saak is dat nie eens God sal help nie want geloof sonder die daad is nutteloos en al sorg God vir elke mossie, gooi hy nie die kos by hulle nesse in nie en moet elkeen self uitgaan, die daad by die geloof voeg, om te kry wat reeds daar is. 

"You see things and you say 'Why?'. I dream things that never were and say 'Why not?' " - George Bernard Shaw

Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in hulself, hulle geloof, hulle Godgegewe gesonde verstand.

Anders as horende mense, soos dit vir my lyk wat teveel op hulle GEHOOR staatmaak in plaas van hulle gesonde verstand, leer ek myself, vind ek self uit, evalueer ek self dinge en alles rondom my en het myself geleer om alles self te doen en nie op ANDER staat te maak nie.

Hoeveel normale HORENDES, gegradueerd of watookal, kan daarop aanspraak maak dat hulle alleen al verskeie kere teen 'n hele takbestuurspan gestaan het, en elke keer reg bewys is? Dat hulle vir R1 m gedagvaar is deur een van SA se grootste assuransie maatskappye omdat hy bereid was om teen 'n verwaande regsafdeling te staan en gewen het?

"The spirit , the will to win, and the will to succeed are the things that endure. These qualities are so much more important than the events that occur." - Vince Lombardi

Dit en nog baie ander dinge is NIE omdat ek buitengewoon slim is of so iets nie, maar bloot omdat ek my gesonde verstand gebruik, die geloof het in myself en die wil om te staan vir wat reg is, te werk vir wat ek wil he en volhard ondanks my omstandighede.

Die Bybel se ons is tot alles in staat deur Christus wat ons krag gee en dat God IN ONS is maar die feit dat dit dus ONSSELF is wat deur die DAAD uitvoering aan die geloof moet verleen, word misgekyk.

Die grootste "geheim" om van die huis te werk, deur die internet inkomste te verdien, is dus om heel eerste JOU EIE MIND, gesindheid en motivering reg te kry, want daarsonder gaan jy nerens kom nie al is daar ook hoeveel geleenthede en deure oop.



Verdien Geld Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/4/bemark-en-verdien-geld
Download verdien-geld.pdf. Deel 1 - Bemark en Verdien Geld. Ongeag of jy van die huis af wil werk en alreeds ‘n besigheid het en jou inkomste wil opstoot of
https://www.coetzee.biz/information/5/hoe-verdien-n-mens-geld
As ons mooi dink dan kan ons sien dat geld verdien word deur iets wat van waarde is te ruil vir geld en dit kan feitlik enigiets wees soos ‘n produk, diens, tyd, kennis of
https://www.coetzee.biz/information/24/hoe-om-geld-te-maak-uit-die-website
Die eerste doel van sodanige website is om as inligting- en bemarkings medium te dien ten einde besoekers te lok want dit is eers as hierdie doel bereik is, dat die geld maak en
https://www.coetzee.biz/information/25/deel-2-bemark-en-verdien-geld
Download verdien-geld.pdf. Deel 2 - Bemark en Verdien Geld. Al het ek in Deel 1 verduidelik dat dit bemarking is wat in werklikheid die inkomste inbring, is dit
https://www.coetzee.biz/information/26/direkte-produk-of-diens
Dit is net soos enige produk of diens wat iemand aanbied maar in hierdie verband is slegs aanlyn of elektroniese produkte of dienste van toepassing.. Gewone produkte en
https://www.coetzee.biz/information/27/inligting-as-waardevolle-produk
INLIGTING op sigself is ook ‘n waardevolle produk en is in werklikheid dan ook die grootste geldmaker op die internet en meeste van die “internet miljoenere” het
https://www.coetzee.biz/information/28/r200-000-pm-uit-inligting
Meneer X het regoor Suid Afrika seminare aan besigheidseienaars aangebied. Dit het paar duisend rand per persoon gekos, maar die reis, verblyf en huur van lokale soos in Sandton
https://www.coetzee.biz/information/30/inligting-as-indirekte-inkomstebron
Inligting kan ook as indirekte inkomstebron dien deur ‘n kombinasie van bogemelde soos in die volgende storie geillustreer word.. ‘n 16 Jarige meisie hou so
https://www.coetzee.biz/information/32/ander-verdien-geld-tuis-programme
Daar is nog baie ander verdien-geld-tuis programme maar die basiese beginsel bly dieselfde waar ‘n mens die bemarkingskrag, content nodig het om hoegenaamd enigiets uit
https://www.coetzee.biz/information/34/nog-ander-inkomstebronne
Behalwe bogemelde wat outomaties geintegreer is, is die Offerforge Affiliate Netwerk ook outomaties geintegreer en verdien jy 100% uit alle verwysings wat van jou af kom..