Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Bemarking In Perspektief

Category: Bemarking

Date: 2016-09-13

Likes: 278

Die persepsie wat die meeste mense en besighede het van bemarking is dat die advertensies is maar dit is nie korrek nie en bemarking kan baie vorme aanneem met die

Bemarking  


Die persepsie wat die meeste mense en besighede het van bemarking is dat die advertensies is maar dit is nie korrek nie en bemarking kan baie vorme aanneem met die “advertensies” soos ons dit ken maar net een daarvan.

Die media kry hulle geld van advertensies, maar hulle verdien hulle geld deur inhoud.

Sonder die inhoud wat joernaliste skryf sal daar geen lesers wees nie en sonder lesers sal daar nie geld uit advertensies gekry kan word nie, so die media verdien dus hulle geld deur inligting en content, (ek verkies die engelse woord content).

Daardie content op die beurt, die inligting, nuus, artikels en sulke dinge word op die beurt deur ons, die publiek en die besighede verskaf, en die media gebruik dus ons content om hulself te bemark en lesers te kry en laat ons en besighede op die beurt toe om ons produkte en dienste aan sodanige lesers te adverteer, ten duurste en met die minimum inligting in ‘n klein spasie ingedruk.

Sulke advertensies is dus eintlik maar ‘n gebrekkige, swak en “tweedehandse” manier om iets doeltreffend te bemark maar dit word voorgehou as die alfa en omega van alles om soveel inkomste vir die media groepe te verdien as moontlik terwyl hulself nooit “adverteer” nie en ander beter en kragtiger bemarkingsmetodes gebruik.

Uit ‘n besigheids- en geld maak oogpunt maak dit nie sin om ten duurste te betaal vir iets van minderwaardig gehalte as jy iets baie beters kan kry vir ‘n fraksie van daardie koste nie.

Mense en besighede spandeer baie tyd en geld daaraan om R1000 te verdien, maar mors binne minute R1000 op iets onnodig of wat hulle vir R1000 goedkoper kon kry

Tradisionele bemarking soos advertensies het wel hulle plek maar ons is geindoktrineer om dit as die alfa en omega van bemarking te sien en die volgende stuk handel oor ‘n alternatiewe bemarkingsmetode wat ek Open Source Marketing noem.

Die doel van enige mens en besigheid BEHOORT altyd te wees om so innoverend as moontlik te wees, soveel te spaar as moontlik en soveel te verdien as moontlik, wat dit is wat op die ou end die finansiele sekuriteit van ‘n mens se lewe en besigheid bepaal



Bemarking Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/6/bemarking-in-perspektief
Die persepsie wat die meeste mense en besighede het van bemarking is dat die advertensies is maar dit is nie korrek nie en bemarking kan baie vorme aanneem met die
https://www.coetzee.biz/information/15/dink-omgekeerd-uit-die-boks
Soos ek reeds gewys het, is bemarking eintlik belangriker as die produk of diens of watookal waarmee jy geld wil verdien want selfs al het jy die beste produk in die wereld en
https://www.coetzee.biz/information/31/content-versus-advertensies
Jare terug toe ek nog aan die stelsel gebou en getoets het, het ek ‘n Blue Bean kredietkaart, wat R115 uitbetaal vir elke suksesvolle aansoek, bemark deur advertensies oor
https://www.coetzee.biz/information/35/facebook-vs-website-bemarking
Al hoe meer klein besighede begin om facebook te gebruik vir bemarking maar alhoewel facebook 'n goeie bemarksplatform bied
https://www.coetzee.biz/information/42/belangrikheid-van-bemarking
Geld word verdien deur bemarking en bemarking is om geld te verdien – Frank
https://www.coetzee.biz/information/43/bou-vriendskap-en-vertroue
Dink omgekeerd, fokus op aandag trek, vriendskap en vertroue bou en daardeur sal die geleentheid om te bemark outomaties
https://www.coetzee.biz/information/47/bemarking-en-vertroue
Op die internet, anders as met die werklike wereld waar 'n mens direkte en persoonlike kontak met 'n moontlike klient
https://www.coetzee.biz/information/48/mondelingse-bemarking
Die grootste probleem op die internet, sowel as met tradisionele bemarking, is die beperkte