Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

God Ons Gerieflike Dienaar En Sondebok

Category: Algemeen

Date: 2016-09-13

Likes: 329

Hierdie blad is nie oor geloofsake nie maar ek voel effens omgekrap en dit het buitendien ook te doen met verhoudings met ander en ons God. Wat my soms kan irreteer is die

Algemeen  


Hierdie blad is nie oor geloofsake nie maar ek voel effens omgekrap en dit het buitendien ook te doen met verhoudings met ander en ons God.

Wat my soms kan irreteer is die boodskappe van "God is in beheer en sorg vir elke detail van my lewe en ek hoef net in Hom te glo" en in ander geval waar oor selfmoord gepraat word sê iemand min of meer dit is 'n saak tussen die persoon en God. God besluit.

Dit is NONSENS en maak van God 'n gerieflike dienaar en sondebok want solank ons net glo sal HY vir alles sorg en HY die besluite neem.

Staan daar nie soos ek al baie keer gesê het geskrywe God is in die mens en werk deur die mens nie en dat geloof sonder die daad nutteloos is nie? Kan enigiemand regtig eendag in die oordeel voor God staan en sê "Maar U was dan in beheer Here"

Christus self het gesê, toe die duiwel hom versoek om van die berg af te spring omdat die engele hom sal vang dat ons die Here ons God nie mag versoek nie en wat anders is dit dan as om God te versoek om met oop deure te slaap en te verwag HY sal ons veilig hou? Wat is dit anders as Hom versoek as om te bid en te glo en mooi woordtjies te fluister dat God sal sorg vir probleme, werk, geld, kos, ongelukkigheid en wat ookal op die inkopie lys is terwyl jyself met gevoude hande sit?

God is ons leidsman maar ONS is in beheer van ons eie lewe en alles wat ons doen of nie doen nie en DIT is waarop ons geoordeel gaan word, nie wat God se wil vir ons was of is nie want dan was ons almal in die hemel. Dit is ONS elkeen self, as mens, wat die keuses, besluite en dade doen of nie doen nie en ons is veronderstel om dit volgens SY WIL te doen en nie agter SY WIL te skuil as dinge verkeerd gaan nie.

Dat sulke mooi prente en woorde goed bedoel word het ek geen probleem mee nie, maar kan 'n persoon wat vir 'n honger kind of iemand in werklike nood se "Ek bid vir jou dat God jou sal help" en dan in alle eerlikheid byvoeg dat hy/sy nie kan help nie en God wel "iemand anders" op jou pad sal stuur om die geloof deur daad te volvoer? (Of kan hy/sy help maar is dit geriefliker om net te bid en amper letterlik vir God te stuur?)

God is 'n God van liefde, vrede, barmhartigheid, regverdigheid, blydskap en as DIT nie in ons lewe weerspieël nie, is dit ONS eie verantwoordelikheid om dit reg te maak. (Met sy hulp ja maar kan beslis nie verwag HY moet ONS keuses en besluite maak en ONS werk doen nie)

Dit is soos volwasse kinders wat by hulle ouers bly en nie werk soek nie want mamma en pappa sorg vir alles. Dit maak nie saak hoe lief die ouers hulle kinders het of hoeveel geloof en vertroue en liefde die kinders vir hulle ouers het nie, dit is en bly verkeerd en moet pappa en mamma JUIS ter wille van liefde hulle voet neersit sodat die kinders SELF kan werk soek, kry, behou, keuses en besluite maak.

(Naskrif. Daar IS NIKS verkeerd met sulke mooi woorde, bemoediging en gebed en so aan nie en dit is trouens noodsaaklik MAAR my punt is dat te veel mense perspektief daarop verloor het deur DIT wat hulle glo, nie ook in DAAD te volvoer nie)



Algemeen Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/19/god-ons-gerieflike-dienaar-en-sondebok
Hierdie blad is nie oor geloofsake nie maar ek voel effens omgekrap en dit het buitendien ook te doen met verhoudings met ander en ons God. Wat my soms kan irreteer is die
https://www.coetzee.biz/information/199/afsterwe-van-n-geliefde
Geen woorde kan werklik iemand troos wat geliefde verloor het nie, maar tog wil ek hiermee ander perspektief verskaf
https://www.coetzee.biz/information/8/wat-nie-eens-god-kan-doen-nie
God is wel almagtig maar tog is daar 'n "beperking" en iets wat selfs God in sy volkome almag nie kan doen nie en juis dit illustreer presies hoe liefdevol en goed
https://www.coetzee.biz/information/217/die-storie-van-die-wandelpad
Vir dae al is jy al op die wandelpad en terwyl jy besig was om te loop, kruip, spring en klouter het jy nie juis behoorlik
https://www.coetzee.biz/information/228/god-se-tyd
Die wetenskaplikes se die Bybel is grap want die aarde is miljoene jare oud en met evolusie stam die mens uit ape en die g
https://www.coetzee.biz/information/212/om-totsiens-en-vaarwel-te-se
Vir ons as mense is dit nooit maklik om totsiens en vaarwel te se nie tog is dit SO deel van ons lewe as vleeslike
https://www.coetzee.biz/information/205/klippepad
Wanneer mens in die veld loop is dit nie gelyk soos met teerpad nie en moet mens altyd jou oë oophou en hoe o
https://www.coetzee.biz/information/39/gebede-wat-pla
Gister sien ek iemand wat soort van bid dat God vir haar werk moet gee en vanoggend kry ek die soveelste keer 'n gebed wat alle siekte, armoede, probleme en watnog nietig
https://www.coetzee.biz/information/243/die-goddelike-netwerk
As mens kyk wat se die Bybel oor God en die Koningkryk van God, dan sien ons daar staan God is in ons en julle is die temp
https://www.coetzee.biz/information/242/die-goddelike-netwerk---vervolg
Op 8 Februarie 2014 het ek artikel "Die Goddelike Netwerk" geskryf hierdie een is "vervolg" daarop. Wat ek onder