Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Gebede Wat Pla

Category: Algemeen

Date: 2016-09-13

Likes: 284

Gister sien ek iemand wat soort van bid dat God vir haar werk moet gee en vanoggend kry ek die soveelste keer 'n gebed wat alle siekte, armoede, probleme en watnog nietig

Algemeen  


Gister sien ek iemand wat soort van bid dat God vir haar werk moet gee en vanoggend kry ek die soveelste keer 'n gebed wat alle siekte, armoede, probleme en watnog nietig verklaar word in die naam van Jesus Christus.

Nou kyk, ek is nie iemand wat my geloof aan ieder en elk verkondig met woord nie maar wel sover moontlik deur my dade en wat my pla van sulke "gebede" is dat dit letterlik daarop neerkom om God te versoek, hom as jou persoonlike bediende, werkplasingsbeampte, geneesheer, beskermer en wat nog te beskou.

Sekerlik kon selfs Christus van die berg afspring maar hy sê jy mag die Here jou God nie versoek nie.

God voed wel al die diere in die veld, maar beslis nie met ontbyt in die bed nie of hoe? Die kos IS DAAR maar elke dier moet self daarvoor werk.

Om te bid vir iets is een ding, maar om te bid en die daad by die geloof te voeg iets heeltemal anders.

Daar is hoeveel GOEIE mans en vrouens daarbuite maar weens een of twee slegtes word almal oor dieselfde kam geskeer. Daar is hoeveel oop poste maar weens 10 of 100 mislukte aansoeke is "daar nie werk nie". Daar is hoeveel werksgeleenthede om vir jouself te werk maar weens 'n paar scams is almal skelm.

Daar is hoeveel maniere om jou probleme op te los maar dit is teveel moeite, te "moeilik" om dit self te doen en dit is mos makliker om jou persoonlike bediende te vra. Daar is hoeveel maniere om aktiewer en gesonder te lewe maar in plaas van betrokke raak by gemeenskapsgroepe of ander mense en aktiewiteite, word daar heeldag by die huis gesit en gebid oor gesondheid, oor alleenheid.

As ons gaan sit en mooi dink is feitlik al die probleme in ons lewe op die ou end tog maar die resultaat van ONS EIE keuses en besluite so hoe kan ons van God verwag om ONS EIE probleme op te los as onsself direk of indirek die oorsaak daarvan was EN onsself handjies gevou sit en steeds maar aangaan met dieselfde tipe keuses en besluite wat in die eerste plek die probleme veroorsaak het.

Dit is maklik om die vinger te wys, dit was rowers, dit was die of daardie persoon of dit en dat, maar as ons weereens mooi dink, is dit tog op die ou end ons keuses en besluite wat ons in die situasie laat beland het.

Jy HET geweet jy moes die venster toemaak of jy HET toegelaat dat die of daardie persoon dit doen of jy HET dit of dat gedoen of nie gedoen nie.

Diep binne in ons weet ons wat is reg en wat nie en as ons daardie stemmetjie ignoreer dra ons die gevolge en moet SELF daaruit kom en DAN kan ons wel bid, "Here, seen MY volgehoue POGINGS om 'n werk te kry en help my om MY oe oop te maak vir geleenthede" of so iets.

Presies nou is my gebed "Here help my om te volhard in my pogings om my besigheid weer reg te kry" en hierdie stuk tik is wel NIE deel van my werk nie, maar tog deel van alles in die groter konteks van myself verbeter en versterk as mens deur OOK ander te bemoedig, want hierdie is 'n positiewe aanmoediging en nie afbrekende negatiewiteit nie.

Saai blomme en blomme sal net opkom,
oral waar jy dit maar saai.
Saai onkruid en onkruid sal opkom,
Net al wat jy saai sal jy maai.

Net al wat jy saai sal jy maai,
net al wat jy saai sal jy maai.
So seker sal jy dit moet afoes,
net al wat jy saai sal jy maai.

Saai seën en seën sal ryp word,
Saai haat en niks anders sal bloei.
Genade sal medely voorbring,
Net al wat jy saai sal jy maai.

Saai liefde en liefde sal opwas,
dit sal jou hart altyd laat gloei.
Saai hoop want dit maak jou geloof vas,
Net al wat jy saai sal daar groei.



Algemeen Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste