Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Afsterwe Van N Geliefde

Category: Algemeen

Date: 2014-11-01

Likes: 215

Geen woorde kan werklik iemand troos wat geliefde verloor het nie, maar tog wil ek hiermee ander perspektief verskaf

Algemeen  


Geen woorde kan werklik iemand troos wat 'n geliefde verloor het nie, maar tog wil ek hiermee 'n ander perspektief verskaf om dit 'n bietjie makliker te maak om vrede en rus in 'n mens se gemoed te kry.

As 'n mens iemand werklik liefhet strek daardie liefde BAIE dieper as bloot die vleeslike (sigbare) mens en strek diep in die realm van die geestelike (onsigbare) want God is Liefde en God is Gees en dit oorspan alle natuurlike dinge, insluitend die dood.

Dit maak nie saak hoe ver iemand wat jy liefhet van jou is nie en kan biljoene kilometers ver wees, maar in jou hart, siel en gees is daardie persoon steeds naby jou.

Die rede daarvoor is dat ons elkeen natuurlik, vleeslik is, maar OOK geestelik want God is in ons en God is liefde, God is gees.

As vleeslike mens ken ons ten dele, verstaan ons ten dele en as sodanige fouteer ons dan ook want ons is vleeslik en gebonde aan die vleeslike en natuurlike.

Wanneer 'n geliefde afsterwe bestaan die vleeslike mens nie meer nie en maar die geestelike mens is steeds daar, onsterflik en nie gebonde aan die vleeslike en natuurlike nie en verstaan dienooreenkomstig ook ten volle en is as sodanig SOVEEL MEER gebonde aan die wat oorbly as in vlees.

Ek kan dit miskien beter met 'n voorbeeld verduidelik.

Twee mense is baie lief vir mekaar, maar omdat hulle menslik is, is daar noodwendig ook misverstand, onbegrip en terwyl hulle kwaad is vir mekaar sterf die een.

Natuurlik sal die een wat oorbly bitter baie seerkry en ook hom/haarself verwyt maar wat hy/sy egter moet besef is;

In die eerste plek bly hy/sy menslik en in die tweede plek bly die een wat afgesterwe het, geestelik voortbestaan en ken en verstaan ten volle en sal hy/sy nie wil hê die een wat agterbly moet ongelukkig en vol verwyt wees nie, want sy/haar geestelike liefde bly vir ewig bestaan en wil net die beste hê vir die een wat hy/sy liefhet.

Verder dan ook, as sodanige afgestorwe persoon SOVEEL invloed en liefde as vleeslike mens gegee en gekry het terwyl gebonde is deur die vleeslike en natuurlike, hoeveel te MEER nie as geestelike mens nie, ongebonde deur die vleeslike en natuurlike.

As vleeslike mens KAN ons NIE elke sekonde van die dag, dekades en eeue lank, in die gees by 'n geliefde wees nie want as ons kos maak, eet, besig is, iets doen wat konsentrasie benodig, fokus ons op dit en is 'n geliefde tydelik uit ons gedagtes, MAAR as geestelike mens, ongebonde deur die vleeslike en natuurlike, is hy/sy ENIGE TYD daar vir die wat agterbly EN met liefde, begrip, vrede en sagmoedigheid in sy/haar hart.

Omdat ons menslik is, fokus ons op die seer, die verwyt, die alleen wees, selfs woede teenoor iemand of God want as vleeslike mens is ons uitverkoop onder die sonde maar omdat God in ons is het ons die keuse om as natuurlike mens te dink en te redeneer of as geestelike mens wat op die geestelike en liefde fokus.

Die afgestorwe geliefde is in vlees miskien nie meer daar nie ja, maar in GEES is hy/sy geestelik SOVEEL NADER aan die geliefde wat agterbly as wat enige twee lewende mense ooit kan droom om te wees en JUIS dit, daardie onsterflike geestelike verbintenis, moet as aansporing, gemoedsrus, vrede en krag dien vir die een wat agterbly want dit is dan ook wat die die afgestorwe een sal wil hê.

Die geestelike is vir ewig maar die vleeslike en natuurlike sal tot niet gaan en more, oormore is ek dalk nie meer nie en as ek die tydelike met die ewige verwissel, sal ek NIE wil hê die wat agterbly moet oor my treur nie en sal wil hê hulle moet my lag onthou, my omgee en liefde, dit wat ek hier skryf en voorheen geskryf het, onthou wie en wat ek was en nie soos ek op my sterfbed gelyk het nie want ons is immers meer as dit.



Algemeen Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste