Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Om Te Verander Of Nie

Category: Verhoudings

Date: 2014-11-01

Likes: 345

Soos per aangehegte prent is die wysheid om te weet wat nie kan verander nie en wat verander kan word nie maklik nie maar tog is

Verhoudings  


Soos per aangehegte prent is die wysheid om te weet wat nie kan verander nie en wat verander kan word nie maklik nie maar tog is daar ook baie dinge wat as "pointers" vir ons kan dien.

In die eerste plek kan ons nie DIE VERLEDE verander nie en sal geen trane, hartseer, ongelukkigheid, geld, tyd, energie of wat ons ookal op die verlede spandeer dit ooit kan verander nie so dit is nutteloos om enigiets aan of op die verlede te spandeer.

In die tweede plek kan ons nie ONVERANDERBARE DINGE in ons lewe verander nie. Ek is doof, ek is 48 jaar oud, ek is blank, ek is geskei, ek het twee kinders en drie kleinkinders en ek het 'n bles of is is 184 cm lank en dit kan ek nooit verander nie.

In die derde plek kan ons nie ANDER MENSE verander nie want verandering kan NET uit daardie mense self kom.

Wat ons egter wel kan verander is ons HEDE EN TOEKOMS, VERANDERBARE DINGE EN ANDER MENSE inspireer, aanmoeding en help om te verander.

Die Bybel se wel ons is tot alles in staat deur Christus wat ons krag gee maar dit beteken nie ons kan dinge doen wat nie eens Christus self sal doen nie en dit is om ons verlede te verander, onveranderbare dinge te verander en mense te verander.

Christus sal nie ons verlede verander nie, want dit is ons verlede wat ons maak wie en wat ons vandag is en mens kan tog nie 'n boom se wortel uithaal en verwag die boom sal nog bly staan nie en baie dinge van ons verlede is onafskeidbaar deel van ons en weereens deel van wie en wat ons is.

Christus sal ook nie mense verander nie want elkeen moet uit sy eie verander en sy eie pad kies en sy eie boek skryf maar deur die Bybel, die liefde, deur jou en my kan ander mense geinspireer, aangemoedig en gehelp word om te verander maar dit is al want nie eens God self kan of sal iemand verander behalwe as dit uit en deur homself is nie. Hy KAN nie, want die hele beginsel van LIEFDE berus op die KEUSE om dit te aanvaar of te verwerp.

Om tot alles in staat te wees deur Christus wat ons krag gee, is om ook volgens die Bybelse leerstelling en SY voorbeeld te handel, nie net deur te glo nie maar ook die daad by die geloof te voeg.

Ons kan nie ons verlede verander nie, maar ons kan ons hede en toekoms verander deur ons keuses en besluite en die daad. Ons kan nie onveranderlike dinge verander nie maar ons kan dit aanvaar en daarop voortbou soos 'n tak wat uit selfs 'n skewe stam boontoe groei in plaas van ook soos die stam skeef groei. Ons kan ook nie mense verander nie, maar ons kan onsself verander, elke deeltjie van ons hede en toekoms verander om as inspirasie, motivering te dien vir ander en die hand van omgee, liefde en hulp uit te steek sodat onsself OOK daardeur kan groei.

Al kom ons ook uit watter omstandighede en al is ons ook deur wat, is die krag en genade van liefde, van ander en van God self altyd, altyd daar om ons te leer en te help om self ook ons hede en toekoms dienooreenkomstig te verander en te verbeter en dit op die beurt, dien weer as aansporing vir ander mense rondom ons.

Een gegewe feit bly staan en dit is dat die toekoms, ons elkeen se toekoms, nog 'n blanko bladsy is wat nog nie geskryf is nie en ons eerstens kan droom van 'n beter more en vandag, nou, daadwerklik werk daarvan kan maak om deur gedagtes, keuses en dade more se droom werklikheid te maak.

So, wat is JOU droom vir MORE en is jy NOU en VANDAG besig om jou droom van more, die toekoms, werklikheid te maak of is jy besig om niks te doen nie, toe te laat dat die verlede jou hede en dus ook toekoms oorskadu en oorheers?



Verhoudings Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste