Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Beginsels En Grenslyne

Category: Verhoudings

Date: 2014-04-28

Likes: 220

In die Bybel staan daar geskryf. "Jy is wie jy is" en ook dat jy aan jou dade geken sal word maar wat bepaal wie en wat jy is?

Verhoudings  


In die Bybel staan daar geskryf. "Jy is wie jy is" en ook dat jy aan jou dade geken sal word maar wat bepaal wie en wat jy is?

'n Mens se karakter, persoonlikheid en eienskappe kan uit baie dinge bestaan en oor tyd verander en flukteer maar 'n mens se identiteit, die wie en wat jy is, draai rondom 'n stel vaste beginsels en grenslyne wat jy aan jouself stel.

Daardie beginsels en grenslyne is die boomstam van jou as mens terwyl die karakter, persoonlikheid en eienskappe die takke is waaruit die vrugte te voorskyn kom.

Tog sien ek heeltemal te min mense met vaste, onbeweeglike beginsels en grenslyne waarvoor hulle bereid is om alles op te offer en selfs te sterwe.

Daar is 'n streep, 'n ononderhandelbare lyn wat erens getrek MOET word deur almal, selfs deur God en die duiwel want daarsonder is die identiteit gegrond op 'n niks en is jy bloot 'n blaar in die wind.

Sal God in sy perfekte grootheid en almag en liefde sy perels vir die varke gooi of met semels meng of iemand uit die hel gaan haal of sal die duiwel as die teenoorgestelde van God, 'n goeie en gelowige mens se lewe red? Nee, want die goeie is wat God defineeer en die bose is wat die duiwel defineer.

Ons is blote mense en ter wille van beide goeie en slegte dinge, soos liefde of haat is ons dikwels bereid om ons karakter, persoonlikheid en eienskappe te buig en te verdraai maar daar is perke aan alles, 'n streep en lyn wat getrek moet word om nie ook die stam te buig en dalk te breek nie.

God is in ook MY as mens en ek buig my vaste beginsels en grenslyne vir niemand, geen mens op aarde nie. O ja, ek het al baie, baie soos 'n boom in 'n storm gebuig ter wille van 'n naaste of geliefde, maar nooit sal ek my stam, die eie EK buig vir enigiemand nie.

Werk by ABSA, Baie kere al kry ek 'n fout, sê vir senior maar hy sê dit is reg. Ek gaan van een na die ander senior tot ek in geveg betrokke is teen hele takbestuur en ek beveel word om my bek te hou, almal stem saam die werk is reg. Al loop ek bevordering mis staan ek by wat ek glo is reg en dit is dat die bank, my werkgewer, geld verloor asgevolg van daardie fout en ek hou aan en het nog ELKE keer op die ou end BEWYS ek is reg, een keer selfs dat ABSA Hoofkantoor self ook gefouteer het.

Werk by Unibank. Oor 1 jaar as tydelike werknemer, het ek al R6 miljoen rand se bedrog gekry wat op TOPBESTUUR betrokkenheid dui. Baie mense, insluitend bedrogafdeling het dit ook vermoed maar toe ek dit hoor en hulle sê niemand kan iets daaraan doen nie, sê ek wat de hel, EK kan en gaan iets daaraan doen en stel die amptelike griewe prosedure in werking teen topbestuur. Op die ou end is my kontrak nie hernu nie, maar na hooggeregshof saak en ander dinge het Unibank (Unifer) minder as 3 maande daarna gevou en is deur ABSA oorgeneem.

Pretoria stadsraad sloer maande om geld aan my terug te betaal. Kuier by dowe vriende met klein kinders. Krag ONWETTIG afgesit want rekening is betaal maar R250 verhoogde DEPOSITO nie betaal nie (hulle het nie verstaan wat dit is nie). Ek gaan stadsraad toe, sorg dat die krag aangesit word en dring toe aan dat MY geld NOU terugbetaal word as hulle mense afsny maar selfs maande vat om geld terug te betaal. Tesourier "lag my uit" so ek loop bloot in 'n vergadering in, verduidelik hoe dit stadsraad my vriende se krag onwettig afgesny het, maande lank sloer om my geld terug te gee en dat ek dit NOU wil hê en dat hulle die tjek kan uitmaak aan watter liefdadigheidsorganisasie watookal. Die stadsekretaris het net daar en dan die tjek uit sy persoonlike uitgawerekening uitgeskryf.

Klein R900 probleempie met Momentum Life en ek rapporteer personeellid wat lieg aan HK (Ek was nog altyd "consumer fighter") maar ipv probleem oplos, probeer hulle regsafdeling my intimideer met dreigemente van regsaksie omdat ek sê hulle personeel lieg. Ek stel dit baie duidelik niemand intimideer my nie en herhaal duidelik wat ek gesê het en in antwoord daarop kry ek 'n geregtelike waarskuwing. My reaksie was bloot om 'n website te skep waarin ek die WAARHEID herhaal en talle ander gevalle uitwys waar hulle regsafdeling mense, en selfs die howe probeer intimideer met onnodige en stupid regsaksies. Hulle dagvaar my vir R1 miljoen rand skadevergoeding maar ek lag dit af en gaan na my prokureur en daarna advokaat toe. In die begin was hulle vol selfvertroue maar bietjie later was hulle advies dat ek met Momentum Life moet skik. Ek het geweier en gevra wat van reg en geregtigheid? Het dit by die venster uitgevlieg en gesê ek waardeer hulle advies maar my instruksie is om die saak teen te staan. Einde van saak is Momentum het nie 'n sent by my gekry nie.

Ek het nog altyd mense gehelp en met spesifieke gesin ontstaan daar probleme en draai die KERK, sowel as my kinders en ALMAL teen my daaroor want ek was lief vir die getroude vrou en kinders. Op sigself en normaalweg verkeerd so ek verstaan hulle punt MAAR die Bybel se moenie oordeel nie en net God mag oordeel omdat ons ten dele ken en ek het GEWEET ek het met 100% suiwer liefde en bedoelings gehelp en tot daardie stadium nog nie eens 'n erotiese of verkeerde GEDAGTE gehad met betrekking tot daardie vrou nie so WIE was enigiemand, selfs my kinders, om MY te oordeel as hulle nie weet wat in my hart en siel aangaan nie? Met almal wat teen my staan was dit 'n harde slag wat my tot in my fondamente geskud het en ek het voor die priester se huis 'n handvol pille gedrink as "pleit om begrip en te luister", was hardhandig gehanteer deur sodanige priester en in huis toegesluit, in my verdoofde toestand mes in hande gekry en pols gesny en is toe hardhandig neergegooi, arm toegedraai en in afleweringsbakkie toegesluit. Met die priester, my pa en seun en ander buite, het ek mooi en duidelik gesê maak die deur binne 'n minuut OOP of ek steek die bakkie aan die brand en dit toe bloot gedoen want ek DOEN wat ek "gewaarsku" het ek gaan doen (koerant aflewering bakkie so daar was koerante in).

Toe die deur inderhaas oopgemaak word toe die rook uitborrel was daar ook nooddienspersoneel wat laat sit en my arm verbind het. Ek was heeltemal rustig en kalm en selfs die polisie wat teenwoordig was, het net gesê ek moet later by die polisiekantoor 'n draai maak vir 'n verklaring. Ek het later die volgende baie mooi en baie duidelik aan my kinders en almal verduidelik.

"EK is wie EK is en om liefde te gee en te help, is onder andere wie EK is en daarsonder is ek nie ek nie en ek sal eerder doodgaan as om 'n leë dooie en gevoellose niks te wees. As EK met 'n 100% rein hart en gewete gee en help, WIE is enigiemand om MY te oordeel en te veroordeel want selfs Christus oordeel nie en sê net God mag oordeel. Ek is bereid om enigiets vir enigiemand te doen maar nooit, nooit sal ek wie en wat EK is verraai nie. Is dit baie, baie duidelik?"

('n Ruk daarna het ek vir die gesin gesê hulle moet loop toe die man met my dogter wat verwagtend was baklei het en sy dit nie meer kon vat nie. Ek kon seker net die man wegjaag maar dit sou verkeerd wees en dit was dus die moeilikste, seerste ding wat ek nog ooit in my lewe gedoen het om OOK daardie vrou en kinders, onder andere 'n dogtertjie waarvoor ek nou nog net so lief is soos my eie kind, te laat gaan. Feit van die saak is dat ek as pa by my dogter moes staan ongeag my eie gevoel of myself)

Ek is een van die liefdevolste, vredeliewendste, geduldigste mens wat ek ken en sal baie en te dikwels te veel vir ander doen maar as ek wel 'n streep trek omdat dit my beginsels en grenslyne raak, dan is ek bereid om alles op die spel te plaas, selfs my lewe.

HOEVEEL mense doen dit? Hoeveel mense staan by wat reg is ongeag wat en teen wieookal? Hoeveel mense is onder geen omstandighede bereid om hulle beginsels en grenslyne, hulle eie ek en identiteit, prys te gee nie?

WAT is JOU beginsels? Waar is JOU grenslyne?

Is jy bereid om dit te vertrap en te veronagsaam ter wille van iemand anders? Iemand wat jy liefhet? Sal jy toegee en daardeur die ander persoon in sy kwaad sterk? Sal jy meedoen of toekyk hoe kinders mishandel word omdat jy "lief" is vir 'n man? Sal jy lieg en bedrieg en selfs moor in die naam van "liefde"? Sal jy jou soos 'n barbaar gedra, in die straat skree, vloek, haat klippe gooi, meegesleur deur die mense rondom jou in die naam van 'n volk? Sal jy selfs vir die wat jy die heel liefste het duidelik sê "NEE" en daarby bly, ongeag wat omdat jy WEET en GLO dit wat jy doen is reg?

Is dit nie hoekom ons as mens, as samelewing en as veronderstelde Godsvresende volk so ten gronde gaan nie? Omdat ons ons beginsels en grenslyne al verder verskuif, al hoe meer buig in die naam van liefde, vrede, 'n gesin en volk?

GOD, liefde en die almag daarvan bestaan heel eerste binne elkeen van onsself, gedefineer deur ons beginsels en grenslyne, daarna karakter, persoonlikheid en eienskappe en dan eers daarna, in ons verhouding, gesin, gemeenskap en volk. In daardie volgorde, of anders is dit verkeerd want as die eerste nie reg is nie, kan dit wat daarna kom ook nie heeltemal reg wees nie.



Verhoudings Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste