Alhoewel gewoonte op sigself iets passief en neutraal is kan dit een van die sterkste bondgenote van giftige
Verhoudings
Alhoewel gewoonte op sigself iets passief en neutraal is kan dit een van die sterkste bondgenote van 'n giftige verhouding sowel as baie ander negatiewe dinge word.
Elke keer as iets positief of negatief herhaal word ontstaan 'n gewoonte soos 'n rankplant in mens se lewe wat mettertyd so 'n groot deel van jou lewe en denke uitmaak dat dit baie moeilik word om 'n toekoms sonder sodanige rankplant in te sien, laat staan nog om daadwerklike stappe te neem om dit te verwyder.
Ek gebruik graag die voorbeeld van twee hondtjies.
Daar is twee hondtjies. Een by 'n goeie, liefdevolle baas en die ander een by 'n baas wat hom mishandel.
Die een hondtjie kry sommer baie liefde en versorging van sy baas en sal elke nou en dan 'n lekker been kry om in salige vrede te geniet.
Die ander hondtjie daarteen word meestal mishandel, hetsy fisies of deur ignorering of ander verwaarlosing van sy behoeftes al kry hy SOMS 'n lekker been.
Met verloop van tyd is altwee hondtjies baie lief vir hulle base MAAR die eerste hondtjie het so gewoond geraak aan die bederf en liefde dat hy dit nie meer so maklik wys of voel nie terwyl die tweede hondjie veral as hy by geleentheid 'n lekker been kry, uit sy vel is van vreugde en dankbaarheid teenoor sy beste baas in die wereld.
Nie een van die twee hondtjies kan hulself in die ander een se omstandighede indink nie en eers as die bederfde hondtjie by die slegte baas beland sal hy werklik besef hoe GOED sy baas eintlik vir hom was terwyl die ander een wat by die goeie baas beland vir 'n redelike lang tyd uiters wantrouig sal wees en "verwag" dat die shit die fan een of onder tyd sal tref en waarskynlik sal wegloop na sy vorige baas omdat DIT ten minste iets is wat hy ken en aan gewoond geraak het en hierdie nuwe en onbekende "te goed om waar te wees" situasie onheilspend voorkom.
Met ons mense is dit ook so wat ons raak so gewoond aan die dinge in ons lewe dat dit ons stelselmatig beroof en ontneem van die realiteit en werklikheid van die dinge en lewe rondom ons.
My gehoorgestremdheid as voorbeeld
Ek is 100% doof en kan glad nie hoor nie tog weet ek meer as baie "normale" mense en sien dinge dikwels vanuit 'n baie breêr en objektiewe perspektief.
Alhoewel my doofheid my in 'n groot mate isoleer van die horende en "normale" wêreld bied dit my OOK meer geleentheid om in stilte, rus en vrede dinge te oordink en die uitsonderlike krag van 'n mense se onderbewussyn te benut en die gevolgtrekking waartoe ek gekom het is dat horende mense lui en te gewoond geraak het daaraan om op hulle gehoor staat te maak.
Nog my hele lewe lank leer ek deur self te dink en te doen en slyp daarmee my eie vermoeëns terwyl horende mense feitlik hulle hele lewe staatmaak op ander om vir hulle te leer en dus ook te dink.
Alhoewel ek talle voorbeelde sal kan opnoem volstaan ek met die volgende
Ek was oorgeplaas na ABSA Hoofkantoor, Internasionale Tesourie na ek uit hospitaal gekom het met breinvliesontsteking so die eerste dag was my kop nog bietjie seer en het ek bokkerol verstaan wat aangaan toe ieamnd my wou leer hoe om met die rekonsiliasie stelsel te werk. Die tweede dag het dit beter gegaan maar, waar 'n horende persoon vir 'n ander horende persoon sou leer wat om te doen en dit daarby sou bly, kon ek nie so mooi verstaan nie en het probeer verstaan deur heel voor te begin en te vra vir wat is die stelsel, wat moet dit doen, hoekom en waarom en so aan.
Deur SELF te kyk, te dink en te wil verstaan het ek agtergekom die stelsel is plain stupid en presies dit vir my bestuurder gaan sê en aangebied dat ek, alhoewel ek nog nooit sodanige programmering gedoen het nie, sal probeer om 'n beter stelsel te bou.
Die einde van die saak was dat die stelsel wat ek gebou het BAIE beter was en 1 jaar later nog perfek gebalanseer het terwyl (ek dink) oor die R700 000 met die vorige stelsel afgeskryf was.
Hoe? Hoekom? Omdat ek 'n genië is? Nee beslis nie en my IK is wel bogemiddeld MAAR wat die werklike verskil gemaak het is dat horende mense in die gewoonte geval het om MEER op ander, hulle gehoor, staat te maak in plaas van hulle eie denk- en redenasie vermoë.
Dieselfde geld vir my OOK waar ek so vasgevang geraak het in die gewoonte van daaglikse oorlewing, dag-tot-dag aangaan, dat ek talle foute gemaak het in die opvoeding van my kinders om presies dieselfde rede. Die GEWOONTE om dinge rondom as VANSELFSPREKEND aan te neem. Gehoor, oë, hande, arms en bene, kinders en verhoudings.
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry..
Toe 'n skraal,
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel..
Maar
Wat is web berging? (Web Hosting).
Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing..
Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was..
Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente..
- Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie..
Ek sal wel na die